U­ber se taxi’s sal kleu­re moet wys

Beeld - - Sake -

Nu­we taxi­on­der­mings soos U­ber se mo­tors sal in die toe­koms dui­de­lik uit­ken­baar moet wees op paaie, het Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, ge­sê.

Hy het die me­dia toe­ge­spreek ná ’n ver­ga­de­ring wat glo 12 uur ge­duur het met ver­e­ni­gings wat me­ter­tax­i­be­stuur­ders en nu­we tax­i­diens­te soos U­ber, Tax­i­fy en Ze­bra Cabs ver­teen­woor­dig.

Die mi­nis­ter het ge­sê al­bei soor­te taxi’s sal dui­de­lik ge­merk moet word, be­rig Fin24.

SA­news.gov.za be­rig die re­ge­ring wil die Wet op Na­si­o­na­le Land­ver­voer wy­sig om tax­i­diens­te wat van ’n app ge­bruik maak, soos U­ber, Ze­bra en Tax­i­fy, in te sluit.

“Daar is ’n wy­si­gings­wets­ont­werp in die par­le­ment wat deur die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­voer be­spreek gaan word,” het Mas­wan­ga­nyi ge­sê.

O­pen­ba­re sit­tings oor die wy­si­gings sal na ver­wag­ting bin­ne­kort ge­hou word.

Die ver­ga­de­ring met o­pe­ra­teurs volg op ’n toe­na­me in ge­weld tus­sen die twee groe­pe.

Hy sê die po­li­sie sal die ge­bie­de waar pro­ble­me is, mo­ni­tor om vre­de te hand­haaf.

Mas­wan­ga­nyi het ge­waar­sku dat staats­amp­te­na­re, hul ga­des, le­wens­maats en na­by fa­mi­lie­le­de on­par­ty­dig moet wees en geen di­rek­te fi­nan­si­ë­le of sa­ke­be­lang in e­ni­ge sek­tor van die o­pen­ba­re ver­voer­be­dryf mag hê nie.

– Nel­lie Brand­Jon­ker

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.