E­ko­no­mie­se groei? Kry eers die po­li­tie­ke sa­ke in or­de

Beeld - - Sake - E­ko­noom Ul­rich Jou­bert

Die sen­ti­ment on­der ver­brui­kers en sa­ke­lui is baie ne­ga­tief oor die voor­uit­sig­te vir die plaas­li­ke e­ko­no­mie.

Sal die on­lang­se ef­fen­se ren­te­koers­ver­la­ging en die mi­nis­ter van fi­nan­sies se 14-punt-plan om die e­ko­no­mie aan die brand te stoot, dit help ver­be­ter?

La­er ren­te­koer­se kan moont­lik ver­brui­ker­sen­ti­ment po­si­tief be­ïn­vloed – ook van­weë die hoop dat dit nie die laas­te koers­ver­la­ging is nie. Dit bied ef­fen­se ver­lig­ting aan ver­brui­kers met be­staan­de skuld en sal an­der ver­brui­kers moont­lik aan­moe­dig om nu­we skuld aan te gaan.

Die Re­ser­we­bank het eg­ter met die aan­kon­di­ging van die koers­ver­la­ging ge­wys op erns­ti­ge ri­si­ko’s wat ver­de­re koers­ver­la­gings kan knie­hal­ter. Dit hou ver­band met po­li­tie­ke on­se­ker­he­de en die sterk moont­lik­heid van ver­de­re af­gra­de­rings van die land se kre­diet­sta­tus aan die ein­de van die jaar.

Dié ren­te­koers­ver­la­ging gaan nie die e­ko­no­mie aan die gang kry nie!

Die 14-punt-plan be­hels die be­lof­te dat staats­on­der­ne­mings se be­stuur en fi­nan­sie­ring op ’n ge­son­der grond­slag ge­plaas sal word, dat aan­dag aan fis­ka­le be­leid ge­gee sal word, dat fi­nan­sie­rings­plan­ne vir mid­del­slagen klein­sa­ke­on­der­ne­mings af­ge­han­del sal word, as­ook dat spe­si­fie­ke mi­nis­ters die ver­ant­woor­de­lik­heid sal hê om die plan bin­ne ge­ge­we sper­tyd­per­ke uit te voer.

Dit klink on­ge­luk­kig al­te be­kend en soort­ge­ly­ke plan­ne het in die ver­le­de meest­al in die ver­ge­tel­heid van on­doel­tref­fend­heid of traak-my-nie-ag­tig­heid ver­dwyn.

Daar is geen re­de om te glo dat dit hier­die keer met dié “wol­le­ri­ge” plan e­nig­sins an­ders sal wees nie.

Dié 14-punt-plan gee ook nie juis aan­dag aan die werk­li­ke pro­ble­me van die e­ko­no­mie nie. Daar word nie aan­dag aan on­der­wy­sen op­lei­ding­pro­ble­me ge­gee nie; daar word nie mel­ding ge­maak dat die staat ’n klei­ner rol in die e­ko­no­mie sal speel of dat die staats­in­men­ging in die wer­king van die e­ko­no­mie af­ge­skaal sal word nie; daar word nie mel­ding ge­maak van daad­werk­li­ke po­gings om die ar­beids­be­de­ling op ’n ge­son­der grond­slag te plaas nie.

Daar word wel mel­ding ge­maak

‘‘

On­ge­luk­kig verg daad­werk­li­ke op­tre­de die po­li­tie­ke wil om die plan­ne in wer­king te kry.

van e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie, maar ek twy­fel of dit be­te­ken dat pro­duk­sie­fak­to­re soos ar­beid, ka­pi­taal en hulp­bron­ne doel­tref­fen­der aan­ge­wend sal word en dus die me­de­din­gings­ver­moë van die land in die plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le mark­te sal ver­hoog.

Wat be­tref fis­ka­le be­leid, sien ek nie dat aan­dag ge­gee word aan die fi­nan­si­ë­le po­si­sie van plaas­li­ke o­wer­he­de nie. Of is die fi­nan­si­ë­le si­tu­a­sie van plaas­li­ke o­wer­he­de reeds in so ’n diep gat dat die sen­tra­le re­ge­ring en die re­ge­ren­de par­ty reeds moed ver­loor het om hier­die o­wer­he­de uit hul be­nar­de – ban­krot? – po­si­sie te red?

Maar son­der ’n ge­son­de grond­slag vir hier­die o­wer­he­de kan hul­le nie ’n om­ge­wing skep waar­in dit moont­lik sal wees om wins­ge­wend sa­ke te doen en werk te skep vir die der­dui­sen­de werk­lo­se men­se op die plat­te­land nie.

Die­self­de be­gin­sel geld ook vir pro­vin­si­a­le en sen­tra­le o­wer­he­de. Die fo­kus moet wees op die uit­roei van kor­rup­sie, ver­mor­sing en reu­se­sa­la­ris- en -loon­re­ke­nings.

On­ge­luk­kig verg daad­werk­li­ke op­tre­de die po­li­tie­ke wil om die plan­ne in wer­king te kry. Die aan­dui­ding is eg­ter dat die re­ge­ren­de par­ty tot min­stens die ein­de van 2017 vas­ge­vang sal wees in in­ten­se bin­ne­ge­veg­te oor die aan­wy­sing van die vol­gen­de par­ty­pre­si­dent. In dié tyd­perk sal baie min aan­dag aan die uit­voe­ring van e­ni­ge e­ko­no­mie­se plan ge­gee word, of aan die be­kam­ping van kor­rup­sie en ver­mor­sing. Die drin­gen­de en nood­saak­li­ke aan­pas­sings van die e­ko­no­mie­se be­leid om die fou­te van die af­ge­lo­pe 23 jaar reg te stel, sal dus nie ge­maak word voor die ein­de van die jaar nie – en waar­skyn­lik ook nie voor die vol­gen­de al­ge­me­ne ver­kie­sing in 2019 nie.

Die ri­si­ko vir ’n ver­de­re kre­die­taf­gra­de­ring teen die ein­de van die jaar is dus baie we­sen­lik. Die pas waar­teen die plaas­li­ke e­ko­no­mie tans voort­strom­pel, dui daar­op dat dit moont­lik nie die laas­te kre­die­taf­gra­de­ring sal wees nie.

Die fis­ka­le si­tu­a­sie op al­le vlak­ke van die o­wer­heid­sek­tor kan ver­der aan­ge­tas word in­dien e­ko­no­mie­se groei in 2018 en 2019 rond­om 1% bly en die in­kom­ste en uit­ga­wes on­der druk bly.

Die po­we­re groei dui op ’n ver­de­re toe­koms­ti­ge toe­na­me in werk­loos­heid en ge­paard­gaan­de maat­skap­li­ke on­rus.

Die rand sal wis­sel­val­lig bly, maar sal op lang ter­myn steeds on­der­steun word deur die ver­skil tus­sen plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le ren­te­koer­se van ver­al die ont­wik­kel­de lan­de, as­ook deur die steeds uit­ste­ken­de funk­si­o­ne­ring van plaas­li­ke fi­nan­si­ë­le in­stel­lings.

Die wek­roep is dat die ANC sy bin­ne­ge­veg­te sal be­ëin­dig en sal be­gin fo­kus op struk­tu­re­le ver­an­de­ring in die e­ko­no­mie­se be­leid so­dat sen­ti­men­te ver­be­ter en die land sy groei­po­ten­si­aal tot voor­deel van al­le in­wo­ners kan ver­we­sen­lik. (Wens­den­ke­ry?)

In­tus­sen sal die sa­ke­sek­tor kos­te­sty­gings so­ver moont­lik moet be­perk in ’n po­ging om die plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le sa­ke­ge­leent­he­de wat hul­le steeds voor­doen, te be­nut. ■ Ul­rich Jou­bert is ’n on­af­hank­li­ke e­ko­noom en ’n vo­ri­ge wen­ner van Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.