Klag­te oor Dis­co­ve­ry He­alth mis­luk

Beeld - - Geklassifiseerd - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die Me­de­din­gings­tri­bu­naal het ’n klag­te teen Dis­co­ve­ry He­alth af­ge­wys oor die be­weer­de kol­lek­tie­we be­din­ging wat die ad­mi­nis­tra­teur na­mens al die me­die­se ske­mas doen wat hy ad­mi­nis­treer.

Dis­co­ve­ry ad­mi­nis­treer 18 me­die­se ske­mas in­slui­ten­de die reu­se Dis­co­ve­ry He­alth Me­di­cal S­che­me (DHMS).

Die klag is ge­bring deur A­fro­cen­tric He­alth, wat Medsche­me be­sit, en wat ook me­die­se ske­mas ad­mi­nis­treer.

A­fro­cen­tric He­alth be­skul­dig Dis­co­ve­ry He­alth daar­van dat die Me­de­din­gings­wet oor­tree is om­dat hy na­mens die ske­mas wat hy ad­mi­nis­treer, kol­lek­tie­we be­din­ging ge­doen het om ta­rie­we met pri­va­te hos­pi­ta­le te on­der­han­del.

A­fron­cen­tric het self die klag­te na die tri­bu­naal ver­wys.

Die twee re­spon­den­te Dis­co­ve­ry He­alth en die ske­ma kon vroe­ër die jaar by die ver­hoor ver­dui­de­lik of daar me­rie­te in die klag is.

Die tri­bu­naal sê die be­swa­re van die twee re­spon­den­te is ge­hand­haaf en die klag­te is met kos­te van die hand ge­wys.

Die re­spon­den­te het die­self­de ar­gu­ment ge­had.

DHMS sê A­fro­cen­tric kon nie in sy klag­te toon hoe al die par­tye se ho­ri­son­ta­le ver­hou­ding ver­oor­saak dat die wet oor­tree word nie. DHMS het ook aan­ge­voer hy ding nie met die an­der ske­mas mee wat Dis­co­ve­ry He­alth ad­mi­nis­treer nie.

Hul­le het ook aan­ge­voer A­fro­cen­tric kon nie sy klag­te wy­sig wat aan­vank­lik aan die Me­de­din­gings­kom­mis­sie ge­rig is nie.

DHMS en Dis­co­ve­ry He­alth het ge­sê as A­fro­cen­tric sy klag­te ge­wy­sig het, moet dit te­rug na die Me­de­din­gings­kom­mis­sie vir ’n on­der­soek.

Die tri­bu­naal het in sy be­sluit om die klag­te af te wys ge­sê ’n be­lang­ri­ke toe­ge­wing wat A­fro­cen­tric ge­maak het in die klag­te wat aan­vank­lik aan die kom­mis­sie ge­rig is, is dat “oop en ge­slo­te me­die­se ske­mas nie met me­kaar mee­ding nie”.

In sy klag­te voor die tri­bu­naal het A­fro­cen­tric eg­ter aan­ge­voer Dis­co­ve­ry He­alth is soos ’n as­so­si­a­sie van maat­skap­pye wat die aan­ko­pe van ge­sond­heids­pro­duk­te en diens­te na­mens sy le­de doen.

’n Klag­te teen Dis­co­ve­ry He­alth is van die hand ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.