‘Vuil’ Flo­ri­da ge­klop

VIR­SE­KER­BE­KER­UITSPEELSTRYD

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé

Vuil­spel het on­ge­luk­kig Sa­ter­dag se Vir­se­ker­be­ker-uit­speel­wed­stryd in Al­ber­ton tus­sen die Ho­ër­skool Ma­rais Vil­joen en die Ho­ër­skool Flo­ri­da ver­suur.

Die vuis­te het ge­klap in dié wed­stryd, wat Ma­rais Vil­joen met 42-19 ge­wen het.

Som­mer vroeg al het Flo­ri­da se skrum­ska­kel, Fran­cois Trol­lip, en die lin­ker­vleu­el, Dy­lan Ben­ning­field, geel­kaar­te ge­kry na­dat hul­le ’n teen­stan­der op die grond ge­skop het.

Daar­en­teen het Ma­rais Vil­joen uit die staan­spoor op die wed­stryd ge­fo­kus. Die span wou sy ne­der­laag teen Flo­ri­da in die Tuks-sko­le­reeks wreek.

Ma­rais Vil­joen het Flo­ri­da in al­le as­pek­te van die spel oor­heers, so­veel so dat hy vier drieë in die eer­ste helf­te ge­druk het teen­oor Flo­ri­da se en­ke­le.

Ma­rais Vil­joen se ha­ker, AJ Mey­er, het ná goeie dryf­spel die eer­ste drie van die wed­stryd ge­druk. Die agt­ste­man en kap­tein, Fran­co du P­les­sis, het uit­ste­kend ge­speel en is ook met ’n drie in die eer­ste helf­te be­loon.

Mi­nu­te ná Du P­les­sis se drie het sy bin­ne­sen­ter, Paul Par­sons, deur Flo­ri­da se ver­de­di­gings­li­nie ge­sny en on­der die pa­le gaan druk.

Quin­tin Ma­rais het die span se laas­te drie voor die om­draai­slag ge­druk.

Flo­ri­da se vas­kop­stut, Da­mi­an Ca­litz, het sy span se e­nig­ste drie in die eer­ste helf­te ge­druk en Ma­rais Vil­joen het met die tel­ling op 28-7 in sy guns gaan rus.

Kort ná die aan­vang van die twee­de helf­te het T­heu­nis Mul­ler, flank van Ma­rais Vil­joen, ná slim spel ’n puik drie ge­druk.

Mul­ler is voor die doel­lyn plat­ge­trek, maar hy het die bal laat los, dit weer op­ge­pik en deur­ge­na­el om af te rond.

Die oop­kant­flank, Hein­rich Ja­cobs, het hom dit na­ge­doen en ook gaan druk.

Met so­wat 20 mi­nu­te se spel oor, het Flo­ri­da be­sluit om sy plaasvervangers op te s­tuur en skie­lik was daar le­we op die veld. Die kna­pe wou be­slis iets be­wys en Flo­ri­da het skit­te­ren­de rug­by be­gin speel.

Flo­ri­da het die bal links en regs laat loop en hy het die groot en sterk Brandon Jan­co­vich aan­hou­dend as ’n storm­ram ge­bruik.

Flo­ri­da se vol­ge­houe aan­slag op Ma­rais Vil­joen se doel­lyn het uit­ein­de­lik vrug­te af­ge­werp en die voor­spe­lers het vir ’n drie oor­ge­dryf.

Daar­die drie het die vuur in Flo­ri­da laat op­vlam en die vuur in Ma­rais Vil­joen so iet­wat ge­blus.

Nog ’n plaas­ver­van­ger van Flo­ri­da, Je­an­dré van der Mer­we, het nog ’n drie vir sy span ge­druk.

Ma­rais Vil­joen sal nou teen die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on speel om ’n plek in die kwart­eind­ron­de van die Vir­se­ker­be­ker se af­de­ling vir ma­kro­sko­le.

■ Die Ho­ër­skool Kemp­ton Park sal teen die Ho­ër­skool El­do­rai­gne sa­ke uit­spook ook vir ’n plek in die Vir­se­ker­be­ker­kwart­eind­ron­de.

Kem­pies het die Ho­ër­skool Noord­heu­wel Sa­ter­dag in ’n uitspeelstryd met 48-8 ge­klop.

Fo­to: MA­RI­US NOR­TJÉ

Paul Par­sons, bin­ne­sen­ter van Ma­rais Vil­joen, pro­beer tus­sen Da­mi­an Ca­litz en De­van God­frey van Flo­ri­da ver­by­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.