Lig­gies te sterk vir Gim­mies in eind­stryd

Beeld - - Sport - Ray­ni­que Mey­er Fo­to’s: MA­RIO VAN DE WALL

Die Ho­ër­skool Lich­ten­burg het Sa­ter­dag sy wip­plank­stryd teen die Pot­chef­stroom Gim­na­si­um ge­wen en so­doen­de die li­ga vir groot sko­le in die Lui­perds­streek be­klink.

Hoe­wel Gim­mies rus­tyd met ’n voor­sprong kon bin­ne­gaan, het Lig­gies se ge­duld en uit­hou­ver­moë die grond­slag vir sy se­ge van 25-22 ge­lê.

Gim­mies se lin­ker­vleu­el, Jo­han Min­naar, het met ’n reu­se­straf­skop van 45 me­ter die eer­ste pun­te van die wed­stryd aan­ge­te­ken.

Daar­na het sy span­maat Dir­kie Louw on­der die pa­le gaan druk en met Jo­han Min­naar se doel­skop is die ga­ping tot 10-0 ver­groot.

An­ders as Min­naar het Lig­gies se kap­tein en los­ska­kel, Lo­hann Jahns, sy skop­skoen by die huis ver­geet. Sy ske­we kor­rel­werk het sy span se­we pun­te ge­kos.

Jahns se span­maats Ry­an Bur­ger en Max Wil­li­am­son het al­bei gaan druk en Gim­mies se voor­sprong van 10-0 vir ’n wy­le in ’n ag­ter­stand van 10-12 ver­an­der.

Kort daar­na het Gim­mies se bui­te­sen­ter, Louw, van ’n 5 me­ter-skrum af in die hoek gaan druk om te ver­se­ker dat die tuis­span rus­tyd die voor­tou met 15-12 kon neem.

Dit was ’n wip­plank­stryd tot in die laas­te mi­nuut.

Lig­gies se reg­ter­vleu­el, Ber­tru Jo­nes, het vin­nig Gim­mies se moed ge­breek toe hy in die reg­ter­kant­se hoek die bal gaan plant het om die tel­bord op 17-15 in die guns van die be­soe­kers te laat oor­tik.

Wil­lamson het nie net in­druk­wek­ken­de spel ge­le­wer nie, maar kon ook vir sy span wen­mo­men­tum kry toe hy vir sy twee­de drie oor­ge­gaan het om die tel­ling tot 22-15 in Lig­gies se guns te rek. Ru­ben Kot­ze het daar­na sy span se buf­fer met ’n straf­doel tot 10 pun­te ver­groot.

E­drich Cron­jé, Gim­mies se los­ska­kel, het in die dood­snik­ke ’n troos­drie ge­druk. Maar teen daar­die tyd was die stryd reeds ge­won­ne.

E­drich Cron­jé van Pot­chef­stroom Gim­na­si­um kruip by­na tus­sen die be­ne van twee ver­de­di­gers van Lich­ten­burg deur om ’n drie te druk.

Max Wil­li­am­son van Lich­ten­burg word deur Wal­do S­mit van Pot­chef­stroom Gim­na­si­um plat­ge­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.