Af­fies weer te­rug op die wen­pad

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) het Sa­ter­dag te­rug op die wen­pad ge­kom deur Ma­ritz­burg Col­le­ge in P­re­to­ria met 4025 te klop.

Dit was die P­re­to­ri­a­ners se 20ste se­ge oor die Pie­ter­ma­ritz­bur­gers se­dert die span­ne se eer­ste krag­me­ting in 1996. Ma­ritz­burg Col­le­ge kon nog net drie keer daar­in slaag om Af­fies te klop – met Col­le­ge se laas­te se­ge in 2014.

Die Wit Bul­le se han­te­ring het hul­le in die eer­ste helf­te ge­reeld in die steek ge­laat met die span wat ook on­der die fluit­jie van die skeids­reg­ter deur­ge­loop het weens sy dis­si­pli­ne wat ge­lol het. Af­fies was teen rus­tyd wel­ver­diend met 5-10 ag­ter.

Dis eg­ter die ver­to­ning van Af­fies se los­ska­kel, Re­gardt Roets, te­sa­me met die te­rug­keer van die bui­te­sen­ter, Mar­nus Pot­gie­ter, en die stut Ja­mes Com­brick wat sa­ke in die P­re­to­ri­a­ners se guns ge­swaai het.

Roets het sa­ke koel­kop met sy skop­skoen be­heer en ge­reeld met sy skerp bal­ver­sprei­ding die ver­de­di­ging oop­ge­kloof. Drie van Af­fies se drieë het ge­kom na­dat Roets ’n spe­ler deur ’n ga­ping ge­jaag het.

Ma­ritz­burg het eer­ste bloed ge­trek met ’n straf­doel deur die los­ska­kel, Kee­gan Col­ly­er, voor­dat Af­fies se vleu­el Ru­an Was­ser­man hul eer­ste pun­te met ’n drie aan­ge­te­ken het.

Die op­win­den­de en wak­ker skrum­ska­kel van Ma­ritz­burg, P­hi­la­ne Si­ma­ma­ne, het met ’n drie die voor­tou te­rug aan sy span be­sorg.

In die twee­de helf­te het Af­fies die oor­hand ge­kry en 35 pun­te aan­ge­te­ken met drieë deur Com­brinck, Pot­gie­ter, twee drieë deur die kap­tein en ha­ker, Jo­han van Zyl, en nog ’n drie deur die bin­ne­sen­ter, Zach B­riel.

Pot­gie­ter, wat in Maart teen Paarl Gim­na­si­um be­seer is, was vir die eer­ste keer vir sy skool in ak­sie na­dat hy sy te­rug­keer ge­du­ren­de die Blou Bul­le se mis­luk­te Cra­ven­week-aan­slag ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.