Dis rof in hier­die Leeu­kuil

SU­PER­RUG­BY­EIND­STRYD ’Ca­nes sê tuis­span kan wen

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Leeus 44 (10): Drieë: skop­pe: Straf­doel: Doel­skop­pe: Doel­

Die rug­by­span wat by die huis kan sit en vir sy teen­stan­der wag, het ’n groot voor­deel, sê Chris Boyd, die af­rig­ter van die Hur­ri­ca­nes.

Boyd se span het eer­gis­ter op El­lis­park in Jo­han­nes­burg hul Su­per­ti­tel af­ge­staan deur met 29-44 teen die Leeus in die half­eind­stryd vas te val.

Die Leeus speel nou Sa­ter­dag teen die Cru­sa­ders in die eind­stryd op El­lis­park.

Die Leeus kon nog nooit in die Su­per-era die ti­tel ver­o­wer nie, hoe­wel Trans­vaal wel in 1993 die Sui­de­li­ke Half­rond se kam­pi­oen was.

Maar toe was dit nog nie amp­te­lik Su­per­rug­by on­der die San­zaar-vaan­del nie en span­ne van die Suid­see-ei­lan­de het ook deel­ge­neem.

Die Cru­sa­ders het die Su­per­kroon al se­we keer ge­dra.

“Die Cru­sa­ders het an­der sterk­pun­te as ons en is ’n baie er­va­re span. Ek dink dit gaan ’n goeie stryd wees. Dit is maar al­tyd so dat die tuis­span ’n voor­deel het,” het Boyd om die vraag ge­dans oor wie hy glo Sa­ter­dag as kam­pi­oen ge­kroon gaan word.

Sy kap­tein en die All Black­ha­ker, Da­ne Co­les, was veel meer di­rek met sy ant­woord: “Ek glo die Leeus kan die kroon dra.”

“Ek glo die ou­ens met die klei­ner nom­mers op hul rûe (voor­spe­lers) gaan die uit­slag van die eind­stryd be­paal. Wie voor die oor­hand kry, sal bo uit­kom,” het Boyd ge­sê.

Co­les het er­ken dat die El­lis­park-at­mos­feer baie in­ti­mi­de­rend was en dat die toe­skou­ers dui­de­lik op die veld ge­hoor kon word.

“Ja, dit moes hul­le (Leeus) se peil ge­lig het om daar­die soort van on­der­steu­ning te kry. So iets maak al­tyd ’n ver­skil as jy voor jou eie men­se speel,” sê hy.

In die Su­per-era kon geen span wat al die o­se­aan moes oor­steek, die kroon dra nie.

Boyd het die feit dat die Nieu-See­land­se me­dia die Leeus geen kans vir hier­die half­eind­stryd ge­gee het nie, kwaai ver­oor­deel en sê dit wys net ’n to­ta­le ge­brek aan re­spek vir wat die Leeus reg­ge­kry het.

“Dit is ’n spe­si­a­le pres­ta­sie om bo-aan die pun­te­lys te ein­dig en die voor­reg te hê om gas­heer te speel vir al die uit­speel­stry­de. Jy moet hard werk om dit reg te kry.”

Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus se af­rig­ter, sê sy span re­spek­teer el­ke span wat El­lis­park toe kom om teen hul­le te speel.

“Die Cru­sa­ders het soos ons nog net een wed­stryd in die reeks ver­loor, en as jy so daar­na kyk, is dit die bes­te twee span­ne in die eind­stryd.

“Hul­le sal ’n eie­soor­ti­ge uit­da­ging bied en het met hul All Black-voor­ry ’n sterk skrum wat ge­neu­tra­li­seer sal moet word. Ons ou­ens speel vir me­kaar en die ge­loof is dat ons kan se­ë­vier,” sê hy.

■ Ja­c­ques van Rooy­en, Ross Cron­jé, Mal­colm Marx, Ha­rold Vor­ster, El­ton Jan­tjies, K­wag­ga Smith. Jan­tjies (4). Jan­tjies (2).

TJ Pe­re­na­ra, Wes Goo­sen, Ju­li­an Sa­vea, N­ga­ni Lau­ma­pe. Jor­die Bar­rett (2), Beau­den Bar­rett.

Jor­die Bar­rett.

Straf­doe­le: Hur­ri­ca­nes 29 (22): Drieë:

Fo­to: GALLO IMAGES

Pun­te! Die Leeus se kook­wa­ter­sen­ter Ha­rold Vor­ster duik oor vir sy drie in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes op El­lis­park. Die Leeus het ses drieë ge­druk en die Hur­ri­ca­nes met 44­29 ge­troef om tot die eind­stryd teen die Cru­sa­ders deur te dring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.