Lang reis na SA kan tol by man­ke­ri­ge Cru­sa­ders eis

Beeld - - Sport - (6): Drie: Straf­doe­le: s­tuff.nz Straf­doel:

’n Ef­fens man­ke­ri­ge Can­ter­bu­ry Cru­sa­ders-span het Sa­ter­dag­nag die lang tog na Suid-A­fri­ka aan­ge­pak vir sy Su­per­rug­by­eind­stryd Sa­ter­dag teen die Leeus op El­lis­park.

Die ’Sa­ders het hul plek in dié be­slis­sen­de krag­me­ting be­spreek deur die C­hiefs Sa­ter­dag in Chris­t­church met 27-13 in die half­eind­stryd te klop.

Die se­ge het skyn­baar sy tol ge­ëis, want die in­spi­re­ren­de Kie­ran Re­ad én die ge­sou­te O­wen Franks het ná die half­eind­stryd met ske­te na die vlieg­tuig ge­hin­ke­pink.

Die All Black-kap­tein se knie het hom kort voor die eind­fluit­jie van die veld ge­dwing, ter­wyl Franks ge­du­ren­de die rus­tyd ver­vang is na­dat sy kna­en­de A­chil­les-be­se­ring weer be­gin pla het.

Die span moes wag vir die uit­slag van die half­eind­stryd tus­sen die Leeus en die Hur­ri­ca­nes op El­lis­park voor­dat die lo­gis­tie­ke rat­te kon be­gin draai.

’n Se­ge vir die Hur­ri­ca­nes sou ’n veel kor­ter reis vir die Cru­sa­ders be­te­ken het, maar ’n lang vlug A­fri­ka toe was hul voor­land.

Re­ad en Franks is op die vlug, py­ne ten spyt. Die se­we­ma­li­ge kam­pi­oen­span sal hoop al­bei her­stel spoe­dig voor Sa­ter­dag se gro­te, een wat son­der twy­fel op ’n kwaai fi­sie­ke stryd voor­langs sal af­stuur.

Die Cru­sa­ders het teen die C­hiefs weer ge­wys hoe ge­vaar­lik hul­le kan wees, selfs met be­perk­te be­sit.

Die mees­te van hul se­ges van­jaar is be­haal na­dat hul­le eers ’n ag­ter­stand moes uit­wis.

Die Cru­sa­ders het teen die C­hiefs bit­ter min van die bal te sien ge­kry, maar stééds vier drieë gaan druk.

Dié ver­loop van sa­ke is groot­liks te dan­ke aan die har­de werk wat sy ui­ters be­dre­we pak voor­spe­lers ver­rig het.

Sul­ke ver­to­nings gaan sel­de on­ge­siens ver­by en word ver­al deur die ag­ter­spe­lers waar­deer. Die sen­ter Ry­an Crot­ty het ná die half­eind­stryd groot lof vir die man­ne met die en­kel­sy­fer­nom­mers op hul rûe ge­had. Dit voor­spel goeie din­ge vir die stryd op El­lis­park, meen hy.

“Die agt­tal het ’n mas­sie­we rol ge­speel. Ons het die af­ge­lo­pe twee na­we­ke teen twee van die bes­te span­ne in die reeks ge­speel en nie een was mak­li­ke se­ges nie,” het Crot­ty voor die span se ver­trek ge­sê.

Ge­leent­he­de is juis waar­oor als op El­lis­park sal gaan. Die Leeus het ge­wys hul­le laat hom nie som­mer on­der­kry nie, na­dat hul­le ’n ag­ter­stand van 3-22 uit­ge­wis het om met 44-29 te wen.

Die Hur­ri­ca­nes-brei­er, Chris Boyd, het ná die wed­stryd in aan­loop tot die eind­stryd raad vir sy me­de-Nieu-See­lan­ders ge­had.

“Die Leeus was kwes­baar in die eer­ste 20 mi­nu­te en ons het vyf, ses een­vou­di­ge kan­se ge­skep om pun­te aan te te­ken. Ek dink die Cru­sa­ders sal dit ook kan ver­mag.

“Maar nes die C­hiefs-Cru­sa­ders-krag­me­ting gaan dié een teen die Leeus ook ’n uit­mer­ge­len­de fi­sie­ke stryd wees.

“Dit gaan nie mak­lik wees om die Leeus te klop nie en dit gaan ’n er­nor­me po­ging verg,” het Boyd voor­spel.

Dagg, Se­ta Ta­ma­ni­va­lu (2).

Mo’un­ga (2). Mo’un­ga.

Bro­die Re­tal­lick.

M­cKen­zie. M­cKen­zie (2).

Cru­sa­ders 27 (10): Drieë: Doel­skop­pe: C­hiefs 13 Doel­skop:

Bryn Hall, Is­rael Ri­chie

Da­mi­an

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.