S­pe­cman hou teen­stan­ders aan die raai

Beeld - - Sport - O­wen Kock C­hee­tahs 30 (18): Drieë: skop­pe: (10): Drieë: Straf­doe­le:

Gee die bal vir Ro­sko S­pe­cman.

Dit is wat die Vry­staat-C­hee­tahs in die Cur­rie­be­ker-rug­by­reeks moet doen as hul­le hul teen­stan­ders aan die raai wil hou.

Dié B­lits­bok skep ga­pings en as hy nie self gaan af­rond nie, s­tuur hy een van sy span­maats deur daar­die ga­pings om te gaan druk.

S­pe­cman het die klei­ne­ri­ge ska­re gis­ter in Bloem­fon­tein be­hoor­lik met sy se­wes­ver­nuf ge­trak­teer in die Vry­staat se Cur­rie­be­ker-se­ge van 30-17 oor die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie.

Die tuis­span se af­rig­ter, Ro­ry Dun­can, was te ver­sta­ne baie in sy nop­pies met dié reg­ter­vleu­el se blink ver­to­ning. “Ro­sko is ’n spe­ler wat iets uit niks kan skep. Hy is wat ons ’n spel­bre­ker noem en dit is die re­de hoe­kom hy in die span is. Hy het van­dag (Son­dag) weer ’n goeie by­drae ge­le­wer. Daar­die drie van hom was uit­son­der­lik. Ons is bit­ter bly om hom in ’n Vry­staat-trui te hê,” het hy ge­sê.

S­pe­cman, Spe­ler van die Wed­stryd, het ná twee mi­nu­te en 20 se­kon­des met ’n skit­te­ren­de lo­pie die tel­bord aan die rol ge­kry. Hy het kort voor rus­tyd die bin­ne­sen­ter Wil­li­am S­mal­lS­mith weg­ge­stuur om te gaan druk. Dit het die tuis­span met rus­tyd met 18-10 laat voor­loop.

Dit was nie die laas­te sien van sy “S­pe­cma­gic” nie. Hy was aan die be­gin van die twee­de helf­te ook be­trok­ke by sy span se der­de drie wat deur Fran­cois Ven­ter af­ge­rond is.

Die WP-brei­er, John Dob­son, het ook lof vir S­pe­cman ge­had. “Ons ken hom van die Pu­mas af. Hy het so­veel ver­be­ter, hy is reg­tig op­win­dend.”

■ Ro­sko S­pe­cman, Wil­li­am S­mall­Smith, François Ven­ter, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi. Niel Ma­rais (2). Ma­rais (2).

Jus­tin P­hil­lips, S­te­ph de Wit.

Kurt Co­le­man, Brandon T­homp­son.

DoelWP 17 Doel­skop­pe: Straf­doel:

Co­le­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.