Dit was ’n goeie be­gin, ons kan van hier af bou, sê Haaie­brei­er

Beeld - - Sport -

Haaie­on­der­steu­ners sou Sa­ter­dag 40 mi­nu­te lank be­swaar­lik na von­kel­wyn­gla­se gryp, maar ten min­ste is dié span se Su­per­rug­by­ba­ba­laas nou af­ge­skud.

Na­dat hul­le teen rus­tyd met slegs 3­0 voor­ge­loop het, het die Haaie hul Cur­rie­be­ker­stryd teen die Pu­mas in Dur­ban met 29­0 ge­wen.

Die span het ’n po­wer eer­ste helf­te be­leef en ver­le­de week se Su­per­rug­by­ne­der­laag in die kwart­eind­stryd teen die Leeus het straks ’n ne­ga­tie­we im­pak op die span se ver­to­ning ge­had.

In die twee­de helf­te het din­ge be­ter ver­loop en die tuis­span het vier goeie drieë ge­ druk. Dít is vir die brei­er, Ro­bert du P­reez, ver­bly­dend.

“Die eer­ste helf­te was nie goed nie. Ons het te veel fou­te be­gaan.

“Maar die twee­de helf­te was baie be­ter. Die vier drieë wat ons ge­druk het, was won­der­lik. Dit was ook een van ons doel­wit­te om te ver­se­ker die Pu­mas druk nie e­ni­ge drieë nie.

“Dit was ’n goeie be­gin en ons kan net bou van hier af. Din­ge sal be­slis be­ter raak.

“Ons het ’n goeie groep en die jon­ges gaan nog wys wat in hul­le steek.”

Luk­ha­nyo Am, Sbu N­ko­si, Ko­bus van Wyk, Je­re­my Ward. Cur­win Bosch (3).

Pun­te­ma­kers: Haaie 29 (3): Drieë:

Doel­skop­pe: Straf­doel: Pu­mas 0. – Ti­nus van S­ta­den

Bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.