SA A se Ree­za en Ta­braiz slag Af­ga­ne af

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Ree­za Hen­dricks en Ta­braiz S­ham­si het gis­ter met die kolf en bal vir Suid-A­fri­ka A teen Af­ga­ni­stan A uit­ge­blink.

Suid-A­fri­ka se naas­bes­tes het in P­re­to­ria hul twee­de ag­ter­een­vol­gen­de bo­nus­punt­se­ge in die drie­hoe­ki­ge een­dag-krie­ket­reeks be­haal.

Hen­dricks (173*, 145 b, 14x4; 5x6) het die gas­heer met ’n on­oor­won­ne hon­derd­tal ge­help om 336/5 op te sta­pel.

SA A het met 164 lo­pies ge­wen na­dat die Af­ga­ne vir 172 uit­ge­knik­ker is.

Die 27-ja­ri­ge Hen­dricks het 19 grens­houe in­ge­ryg en sy hoog­ste tel­ling in ’n kits­wed­stryd – 181 – net-net mis­ge­loop.

Hy is goed by­ge­staan deur sy kap­tein, K­ha­ya Zon­do (62, 55 b), wat 50 aan­ge­te­ken het.

Die twee se 135 om die vier­de paal­tjie het die tuis­span in staat ge­stel om met ’n goeie eind­po­ging vo­ren­dag te kom.

“Dit was lek­ker om ’n slag lo­pies te kry en ’n by­drae te kon le­wer,” sê Hen­dricks, wat net 11 in die eer­ste wed­stryd teen In­dië A aan­ge­te­ken het.

“Die groot tel­ling het hul­le on­der druk ge­plaas en die boulers het toe ook hul kant ge­bring.”

Ver­al S­ham­si was met 4/19 op sy stuk­ke.

D­wai­ne P­re­to­ri­us (2/36) het vroeg toe­ge­slaan om die be­soe­kers op 19/2 te laat stei­er.

Rah­mat S­hah (55) en Na­sir Ja­mal (33) het 75 om die der­de paal­tjie vir die be­soe­kers aan­ge­te­ken voor­dat die draai­ers, S­ham­si en Aa­ron P­han­gi­so (1/57), hul ding ge­doen het.

S­ham­si is aan die ein­de goed by­ge­staan deur Da­ne Pa­ter­son (3/29), wat drie paal­tjies met sy laas­te vyf bal­le laat kan­tel het.

Suid-A­fri­ka A se vol­gen­de wed­stryd by Tuks is Don­der­dag teen In­dië A.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.