Speel as­of die tel­ling 0­0 is, sê Ac­ker­mann

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Dit was nie so­seer die 41 pun­te wat die Leeus in die laas­te 43 mi­nu­te aan­ge­te­ken het wat vir hom die doods­klok vir sy Hur­ri­ca­nes laat lui het nie. Dit was eer­der die by­kans 16 kan­se wat sy span op 22-3 weg­ge­gooi het, wat die uit­ein­de­li­ke wen­span se weer­stand fi­naal kon laat knak het, glo Chris Boyd, die Hur­ri­ca­nes-af­rig­ter.

“Ek is se­ker as ons op 22-3 nog net één drie ge­druk het, sou die Leeus nie kon te­rug­kom nie,” het Boyd Sa­ter­dag ge­sê. Hy moes toe­sien hoe die Leeus die laas­te 43 mi­nu­te van die wed­stryd met 41-7 wen en die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen uit die Su­per­reeks boen­der.

Het die dun lug­druk van die Ho­ë­veld sy tol op die Nieu-See­lan­ders ge­ëis?

“Ek weet nie of die lug­druk dalk eer­der ’n gro­ter uit­wer­king op die spe­lers se brein­krag as op hul spier­krag in hul be­ne ge­had het nie, want van die be­slui­te wat ons op die veld ge­neem het, was by tye maar baie ge­mid­deld. Dit het ge­wys die ou­ens dink nie,” het ’n te­leur­ge­stel­de Boyd ge­sê.

“Ons het se­ker goed 16 goeie kan­se ge­had om nog drieë te druk en dit nie ge­bruik nie. Dit was vir my die keer­punt in die wed­stryd,” het hy ge­sê.

Met die be­soe­kers ste­wig in die saal en El­lis­park stil­ge­speel op 22-3, het ’n paar deur­slag­ge­wen­de din­ge ge­beur.

Eers het Fran­co Mos­tert (slot), wat ’n reu­se-wed­stryd ge­had het en saam met Ja­c­ques van Rooy­en die Tro­ja­ne in die agt­tal was, twee lyn­staan­bal­le op die Leeus se doel­lyn ge­steel, en toe het nóg ’n ko­los, K­wag­ga Smith, Jor­die Bar­rett op die hoek­vlag uit­ge­duik om te keer dat die ska­de nog gro­ter raak.

Dit was sleu­tel-oom­blik­ke wat so half op die ag­ter­grond ge­skuif is in die eu­fo­rie van die twee­de helf­te toe die rooi ge­ty oor die Hur­ri­ca­nes ge­spoel het.

Van Rooy­en (stut) se drie net voor rus­tyd om die ga­ping na 22-10 te ver­klein, was ook ’n red­dings­boei.

“Ek het met rus­tyd vir die ou­ens ge­sê daar is hoop en dat hul­le moet ver­geet wat ge­beur het en van voor be­gin en speel as­of die tel­ling 0-0 is,” het Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus-af­rig­ter, ge­sê.

“Ons het selfs in die eer­ste helf­te goed voor­langs ge­doen, maar ek wou net hê die ou­ens moes meer di­rek wees en na­der aan die kon­tak­pun­te speel. Gaan speel net 40 mi­nu­te van goeie rug­by, het ek ge­sê.”

En het die Leeus nie dit ge­doen nie! Vyf drieë het in die twee­de helf­te ge­volg en skie­lik was die skoen aan die an­der voet.

Wat het Ja­co K­riel, die kap­tein, aan sy man­ne ge­sê toe hul­le op 3-22 ag­ter on­der hul eie doel­pa­le ge­staan het? “Ek het ge­sê ons moet net kalm bly. Die drieë wat ons af­ge­staan het, was deur ons fou­te en nie hul goeie spel nie. Ek het die ou­ens daar­aan her­in­ner dat die mo­men­tum wel sal swaai.”

Selfs nie eens die om­stre­de geel kaart wat Beau­den Bar­rett ge­kry het, kan as ver­sko­ning vir die Hur­ri­ca­nes se ne­der­laag aan­ge­voer word nie.

Die Leeus het wel in daar­die tyd twee drieë ge­druk.

Da­ne Co­les, die kap­tein, meen nie dit was die re­de hoe­kom sy span ver­loor het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.