Pro­te­as het steil berg om uit te klim

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Drie paal­tjies in se­we bal­le het gis­ter weer die rug­graat van die Pro­te­as se kolf­lys ge­breek.

Suid-A­fri­ka is ge­vra om ’n by­kans on­moont­li­ke tei­ken van 493 aan te te­ken om die der­de krie­ket­toets teen En­ge­land te wen. Meer re­a­lis­ties, hy moet vir ’n mi­ni­mum van 137 boul­beur­te oor­leef om die toets op die O­val in Lon­den on­be­slis te laat ein­dig.

Dit volg na­dat En­ge­land sy twee­de beurt op 313/8 ge­sluit ver­klaar het.

Met die uit­skei­tyd aan die ein­de van die vier­de dag se spel, het al­bei op­sies am­per on­moont­lik ge­lyk. Suid-A­fri­ka het aan die ein­de van die dag 116/4 be­reik.

Dit was die drie paal­tjies van Hashim Am­la, Quin­ton de Kock en Faf du P­les­sis in ag­ter­een­vol­gen­de boul­beur­te van To­by Ro­land-Jo­nes en Ben S­to­kes, wat e­ni­ge dro­me wat die Pro­te­as ge­had het om die toets te red, ver­y­del het.

De­an El­gar (72*) en Tem­ba Ba­vu­ma (16*) het die laas­te 85 mi­nu­te van die dag oor­leef om te wys wat veg­gees wel kan ver­mag.

Die twee spe­lers met be­we­se re­kords dat hul­le lang kolf­beur­te kan speel, is Am­la en Du P­les­sis. Dit is bit­ter moei­lik om te sien hoe Suid-A­fri­ka die toets gaan red.

Ja, daar is wel ses paal­tjies oor en Ba­vu­ma en El­gar het hul al­bei in­ge­gra­we, maar die veel­sy­di­ge man­ne, Ver­non P­hi­lan­der en Chris Mor­ris, kom vol­gen­de kolf.

In 2012 in A­de­lai­de toe SuidA­fri­ka 148 boul­beur­te uit­ge­kolf het om ’n toets teen Aus­tra­lië te red, was die Pro­te­as ook vier paal­tjies plat aan die ein­de van die vier­de dag.

In daar­die toets was AB de Vil­liers, Ja­c­ques Kal­lis en Du P­les­sis nog nie uit nie. En die kolf­blad was baie vrien­de­li­ker as dié een.

Die vier­de toets be­gin Vry­dag in Man­ches­ter en Suid-A­fri­ka sal heel waar­skyn­lik dit moet wen om die reeks te red.

Nor­maal­weg sou ’n mens ná ’n rug­graat­lo­se ver­to­ning soos dié een op die O­val nie ge­dink het dis moont­lik vir ’n span om só vin­nig op dreef te kom nie, maar dit het im­mers al twee keer in dié ein­ste reeks ge­beur.

Suid-A­fri­ka was skok­kend in die eer­ste toets op Lord’s waar En­ge­land met 211 lo­pies ge­se­ë­vier het. Vier dae la­ter in die twee­de toets was die Pro­te­as se ver­to­ning van die boon­ste rak­ke, ter­wyl En­ge­land skyn­baar niks reg kon doen nie.

Die be­soe­kers het toe met 340 lo­pies op T­rent B­rid­ge in Not­ting­ham ge­wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.