‘Doods­kis­2’ sê hul­le is ge­dreig

Beeld - - Voorblad - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die twee plaas­voor­man­ne wat daar­van be­skul­dig word dat hul­le ’n man in ’n doods­kis ge­druk het, voer nou aan hul­le het dit ge­doen om­dat hy ge­dreig het om hul ge­sin­ne te ver­moor.

Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son, van die Mid­del­burg dis­trik, sê in­hul pleit ver­dui­de­li­kings in die rond­gaan­de hof in Del­mas hul­le wou Vic­tor Mlotshwa met die doods­kis van mis­daad af­skrik.

Hul­le sê hy het ook ge­dreig om oes­te af te brand.

Oost­hui­zen het skuld ont­ken op se­we aan­klag­te en Jack­son op ses. Die ek­stra klag teen Oost­hui­zen is dié van die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen.

Die twee, wat on­langs op borg­tog vry­ge­laat is, ver­skyn voor reg­ter S­hei­la Mp­hahle­le.

Hul­le is ver­le­de jaar in heg­te­nis ge­neem na­dat ’n vi­deo van die doodskis­voor­val op die lap­pe ge­kom het.

Die be­skul­dig­des sê in hul pleit ver­dui­de­li­king hul­le het op 7 Sep­tem­ber ver­le­de jaar in ’n bak­kie op die R35-pad tus­sen Mid­del­burg en B­link­pan ge­ry en Mhlotshwa te­ë­ge­kom.

Die twee be­weer Mhlotshwa was skul­dig aan be­tre­ding op hul werk­ge­wers se pla­se en dat hy in be­sit was van ver­moe­de­lik ge­steel­de ko­per­ka­bels.

Hul­le het Mhlotshwa ge­ar­res­teer en ge­sê hul­le gaan hom po­li­sie toe vat.

Mhlotshwa het toe ge­dreig dat hy hul oes­te el­ke jaar gaan af­brand en hul vroue en kin­ders gaan ver­moor, want hy weet waar hul­le woon.

Daar­om het hul­le hom nie po­li­sie toe ge­vat nie, maar eer­der self pro­beer af­skrik.

Hul­le het hom na ’n af­ge­leë plek op die plaas B­les­bok­vlak­te ge­neem, hom in die kis in­ge­dwing en die dek­sel pro­beer toe­maak. Hul­le het ge­dreig om hom aan die brand te steek en om ’n slang in die kis te sit.

Hul­le ont­ken dat hul­le Mhlotshwa ge­skop, ge­slaan of met ka­bel­bin­ders aan die bak­kie vas­ge­maak het, hom ge­ïn­ti­mi­deer, op die grond neer­ge­gooi of hom pro­beer dood­maak het.

Vol­gens Jack­son het hy die kis ag­ter­na in op­drag van sy werk­ge­wer, Han­nes de Beer, ver­brand.

De Beer het gis­ter in sy ge­tui­e­nis ont­ken dat die kis “an­der ge­brui­ke” ge­had het.

Hy is die staat se eer­ste ge­tuie.

Hy het ge­tuig die kis was eers in ’n kan­toor (op die plaas), waar baie men­se ge­kom het. Men­se het nie daar­van ge­hou nie en die kis is na ’n stoor­ka­mer ver­skuif.

Dit is vroe­ër vir plaas­wer­kers vir ’n be­graf­nis ge­koop, maar hul­le het dit nooit ge­bruik nie.

Adv. Way­ne Gibbs, na­mens Oost­hui­zen, het dit aan hom ge­stel dat hy vroe­ër ge­sê het hy het die­we al met die kis skrik­ge­maak. De Beer het dit ont­ken.

Hy het be­ves­tig dat daar al baie dief­stal op sy plaas was, as­ook op die plaas waar­op Oost­hui­zen ’n voor­man was en by my­ne in die om­ge­wing.

Die ver­hoor duur voort.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son gis­ter in die rond­gaan­de hof in Del­mas.

Vic­tor Mlotshwa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.