Vrien­de help Ja­ni

Beeld - - Voorblad - Ma­re­li­ze Bar­nard

Ja­ni Al­lan, kleur­vol­le joer­na­lis en skry­wer, is nou so plat­sak dat vrien­de op die in­ter­net vra men­se moet geld skenk om haar uit die ver­knor­sing te help.

Al­lan skryf self op 23 Ju­lie op haar blog, Ja­niAl­lan.com, sy kon op haar dag £1 000 vir ’n ar­ti­kel van 1 000 woor­de ver­dien. Ná haar ge­wil­de rar­ti­kels in Sun­day Ti­mes, haar draai in En­ge­land en uit­ein­de­lik haar le­we in die VSA, is Al­lan nou son­der geld en son­der ’n in­kom­ste.

Sy skryf dat sy ’n paar we­ke ge­le­de af­ge­dank is by haar werk­plek in die re­stau­ran tbe­dryf, waar sy die af­ge­lo­pe 13 jaar ge­werk het.

Die af­dan­king is vol­gens Al­lan bloot om­dat sy “te oud is”.

Nou is sy op 48 web­wer­we aan­ge­meld waar­op werk ge­ad­ver­teer word. Al­lan vloek wild oor die raad wat op een web­werf ge­gee word oor hoe werk­loos­heid ’n mens siel­kun­dig on­der­kry en hoe jy jou self­ver­troue kan ver­loor.

“Reg­tig. F ********* k. ’n Mens sal nie dit sê nie,” is Al­lan se woor­de.

Op die web­werf Go Fund Me word ge­skryf Al­lan is in ’n uit­da­gen­de po­si­sie.

“Die geld is so gou moont­lik no­dig. Al haar vrien­de oor die wê­reld heen sal so dank­baar wees om haar weer op die been te sien.”

Vol­gens die jong­ste in­lig­ting op die web­werf is $3 139 (so­wat R41 000) van ’n doel­wit van $5 000 (so­wat R65 000) al in­ge­sa­mel.

Fo­to: GOFUNDME

Die plat­sak Ja­ni Al­lan met een van haar dwerg­ke­se in die VSA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.