Leeus: Kaar­tjies reeds uit­ver­koop

Beeld - - Voorblad -

Daar gaan Sa­ter­dag nie plek vir ’n muis op El­lis­park in Jo­han­nes­burg wees nie wan­neer die Leeus en die Cru­sa­ders me­kaar in die Su­per­rug­by­eind­stryd pak.

Die Leeus het gis­ter­mid­dag aan­ge­kon­dig dat ál die kaar­tjies vir die 62 000 sit­plek­ke ver­koop is.

“Dit is iets wat nog nooit so vroeg voor ’n Leeuswed­stryd ge­beur het nie. Die be­lang­stel­ling in dié eind­stryd is on­ge­kend,” sê Ed­gar Rat­hbo­ne, die Leeus se fi­nan­si­ë­le en kom­mer­si­ë­le be­stuur­der.

Net na­dat die eind­fluit­jie Sa­ter­dag­aand in die Leeus se half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes ge­blaas het, was daar al ’n storm­loop na die kaart­jie­kan­toor by die sta­di­on en 15 000 kaar­tjies is toe ver­koop. Gis­ter dou­voor­dag was daar al lang toue men­se wat daar­die klei­nood wou be­kom. Die ge­mid­del­de wag­tyd in die tou was 3½ uur, maar om daar te kon weg­gaan met ’n stuk­kie “goud” in jou hand het die wag vir al­mal die moei­te werd ge­maak.

Dit is die eer­ste keer dat die Leeus ’n Su­per­rug by­eind­stryd aan­bied, hoe­wel die eer­tyd­se Trans­vaal wel in 1993 die Su­per10­reeks ge­wen het deur die Auck­land Blu­es op El­lis­park te klop. Rat­hbo­ne, wat toe se­we jaar oud was, sê ho­pe­lik is die eind­tel­ling toe – 20­17 – ’n te­ken dat die Leeus in 2017 weer Su­per­glo­rie kan smaak.

Die Leeu-rug­by­span ver­dien groot ap­plous vir wat hul­le ver­mag het deur vir die twee­de jaar op­een­vol­gens die Su­per­rug­by-eind­stryd te haal.

Die span verskaf sy aan­han­gers en die gro­ter Suid-A­fri­kaan­se rug­by­pu­bliek nie net groot ple­sier nie, maar het ’n rig­ting­wy­ser vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by ge­word.

Die laas­te paar jaar moes Suid-A­fri­kaan­se on­der­steu­ners mag­te­loos toe­kyk hoe die land se rug­by­peil al hoe meer af­ge­steek het teen dié van die wê­reld­lei­ers, die Al l B la c k sen an­der Nieu-See­land­se span­ne. Af­rig­ting s teg­nie­ke, wed­stryd plan­ne en spe­lers se vaar­dig­heids- en fiks­heids­vlak­ke het die on­der­werp van de­pres­sie­we de­bat­te om vleis­braai­vu­re ge­word.

Die laag­te­punt was die S­pring­bok­ke se ne­der­laag teen Ja­pan en ver­al die na­si­o­na­le span se mis­luk­te sei­soen ver­le­de jaar.

Na­dat die Leeus am­per die weg­gooi­kind van die land se top­span­ne was deur­dat hul­le ’n jaar lank bui­te die Su­per­reeks moes deur­bring, het hul­le met ’n in­druk­wek­ken­de her­op­bou be­gin.

On­der lei­ding van die u­nie­lei­ers Ke­vin de K­lerk en Ru­dolf S­tra­eu­li en die af­rig­ters Jo­han Ac­ker­mann en S­wys de Bruin is die span re­la­tief “on­be­ken­de spe­lers” tot ’n heg­te een­heid saam­ge­snoer en dees­dae is hul­le be­kend en su­per­hel­de vir baie skool­gaan­de aan­han­gers.

Die S­pring­bok-af­rig­ting­span het van­jaar be­sluit om die kern van hul stra­te­gie om die Leeus se suk­ses te bou en dit was ook vir hul­le ’n wenskuif.

In teen­stel­ling met die ho­pe­lo­se ma­nier waar­op Suid-A­fri­kaan­se rug­by die laas­te tyd be­stuur is deur van die een kri­sis tot die vol­gen­de te strom­pel, het die Leeus be­wys dat die land wel die speel-, af­rig­tings- en be­stuurs­ta­lent het om op die hoog­ste vlak suk­ses te be­haal.

Vir on­der­steu­ners is die hoog­te­punt dat ’n SuidA­fri­kaan­se span ook met ’n groot ag­ter­stand op die tel­bord kan te­rug­veg om ’n wed­stryd te wen.

Die eind­stryd Sa­ter­dag teen die ge­dug­te Cru­sa­ders sal nu­we uit­da­gings bied.

Na­mens Beeld en sy le­sers, ge­luk met wat reeds be­reik is en baie s­terk­te vir die eind­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.