NVG ver­nie­tig dos­sier wat staat­skaping kon stuit

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) het ’n dos­sier oor be­weer­de be­drog van R120 mil­joen deur ’n maat­skap­py van die Gup­ta-fa­mi­lie ver­nie­tig.

Die S­ker­pi­oe­ne het in 2001 die Gup­tas se Sa­ha­ra Com­pu­ters en ’n an­der maat­skap­py on­der­soek in ver­band met be­weer­de sken­dings van va­lu­ta­be­heer, be­drieg­li­ke BTW-ei­se en ak­syns­be­drog wat na be­we­ring tus­sen 1999 en 2001 ge­pleeg is, het die dag­blad Ti­mes gis­ter be­rig.

Vol­gens die koe­rant was dit die be­gin van staat­skaping, wat toe al – 12 jaar ge­le­de – in die kiem ge­smoor kon word as die NVG ver­vol­ging in­ge­stel het.

P­hin­di Louw, NVG-woord­voer­der in Gau­teng, het gis­ter ge­sê die dos­sier is “in­ge­vol­ge re­gu­la­sies” ver­nie­tig en daar­om is dit nie moont­lik om te ver­dui­de­lik waar­om ver­vol­ging nie in­ge­stel is nie.

“Om pre­sies te kan sê wat in daar­die saak ge­beur het, moet ons eers die dos­sier van die po­li­sie af be­kom.

“Ons moet ook uit­vind wie die be­trok­ke aan­kla­er was wat die ver­vol­ging ge­lei het en by hom of haar pro­beer uit­vind waar­om daar nie ver­volg is nie. Tot­dat ons daar­die in­lig­ting be­kom het, kan ons nie sê wat pre­sies daar ge­beur het nie.”

Vol­gens die Ti­mes lyk dit of daar des­tyds twee on­der­soe­ke was wat in een dos­sier saam­ge­voeg is. Die on­der­soek is glo in 2003 af­ge­han­del, maar die NVG het in 2005 ge­wei­er om te ver­volg. Die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens, die S­ker­pi­oe­ne en die Re­ser­we­bank het die saak on­der­soek.

Adv. Lu­vu­yo M­fa­ku, na­si­o­na­le woord­voer­der van die NVG, het gis­ter her­be­ves­tig dat die NVG ’n span se­ni­or staats­aan­kla­ers aan­ge­stel het om die Val­ke se on­der­soek na staat­skaping te lei.

Adv. S­haun A­bra­hams, na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­gings, het in Mei aan die par­le­ment ge­sê hy het die span aan­ge­stel om “on­der­steu­ning” aan die Val­ke te bied in on­der­soe­ke na staat­skaping en ver­wan­te sa­ke.

Co­sa­tu het dit ver­wel­kom. Si­z­we Pam­la, Co­sa­tu-woord­voer­der, sê dit is tyd dat ie­mand die “moe­ras waar­in hul­le (die Gup­tas) voed en teel, op­droog”.

“Ons hoop die NVG sal hom­self reg­ruk en al die si­ni­ci wat die ver­vol­gings­ge­sag daar­van be­skul­dig dat hy niks an­ders as ’n tan­de­lo­se en ge­kaap­te or­ga­ni­sa­sie is nie ver­keerd be­wys.

“Hul­le moet ál­les in wer­king stel om die plun­de­raars én die­ge­ne wat hul­le in staat stel om dit te doen aan­spreek­lik te hou en hul­le vir baie lank tronk toe te stuur,” sê Pam­la.

Adv. S­haun A­bra­hams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.