Ho­we moet na S­haik se me­die­se pa­rool kyk – DA

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die ho­we be­hoort weer te kyk na die me­die­se pa­rool van S­cha­bir S­haik, ver­oor­deel­de be­drie­ër en pres. Ja­cob Zu­ma se voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer.

Ja­mes Sel­fe, DA-LP, gaan Mi­cha­el Ma­su­tha, mi­nis­ter van kor­rek­tie­we diens­te en jus­ti­sie, vra om dié kwes­sie hof toe te neem om te be­paal of S­haik die res van sy tronk­straf moet uit­dien en of sy pa­rool voor­waar­des so ver­an­der moet word dat die pu­bliek nie meer die “leu­en voor­ge­hou word dat hy ter­mi­naal siek is nie”.

Ma­su­tha het ver­le­de week in ant­woord op ’n par­le­men­tê­re vraag van Sel­fe ge­sê S­haik word steeds as ter­mi­naal siek be­skou agt jaar na­dat hy op me­die­se pa­rool vry­ge­laat is. Die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te is nie van plan om dit te her­sien nie.

S­haik het net twee jaar van sy 15 jaar tronk­straf uit­ge­dien voor­dat hy op me­die­se pa­rool vry­ge­laat is.

Sel­fe het gis­ter in ’n ver­kla­ring daar­op ge­wys dat S­haik ge­sond is en dat sy pa­rool voor­waar­des hom in staat stel om een dag per week sport te be­oe­fen. “Dit is dui­de­lik dat hy nooit in die fi­na­le fa­se van ’n ter­mi­na­le siek­te of toe­stand was nie.”

Sel­fe het daar­op ge­wys dat wet­ge­wing oor vry­la­ting op pa­rool ná S­haik se vry­la­ting stren­ger ge­maak is.

As die mi­nis­ter die saak nie hof toe neem nie, sal die DA sy op­sies oor­weeg, sê Sel­fe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.