Sus­ters, sta­tus, swier en die see

NU­WE DRAMAREEKS OP KYKNET:

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Hoe­veel maak ryk­dom en sta­tus reg­tig vir jou saak?

Dit is die vraag wat drie sus­ters hul­self in Wa­ter­front, ’n nu­we A­fri­kaan­se te­le­vi­sie­dra­ma, moet vra.

Die reeks word tans by die V&A Wa­ter­front in Kaap­stad ver­film on­der lei­ding van die re­gis­seur Ja­co Bou­wer (Die Bo­land Moor­de).

Dit is die eer­ste keer dat kykNET en S­ho­w­max van die be­gin af saam in ’n reeks be­lê.

Mi­lan Mur­ray, Ro­lan­da Ma­rais en T­rix Vi­viers ver­tolk die rol­le van die My­burgh-sus­ters, Ju­lia, An­na en Ka­te, wat van kleins af om­ring is deur die swier en sta­tus van hul pa, Ben (Da­wid Min­naar), se boot­bou-on­der­ne­ming. Jo­a­nie Com­brink ver­tolk die rol van die ma.

Din­ge raak warm wan­neer die bank­sta­te nie meer met die luuk­se leef­styl van die My­burghs klop nie en ’n on­ver­wag­se dood ’n draad­jie los­tor­ring wat dreig om al­les te laat ont­ra­fel.

“Die drie sus­ters het nog al­tyd weel­de ge­had en daar is die moont­lik­heid dat hul­le dit dalk nie meer gaan hê nie, of dat som­mi­ge meer sal hê as an­der. Dan be­sef jy wie hul­le werk­lik is,” sê Mur­ray.

Haar ka­rak­ter is die oud­ste sus­ter. Dié kom ui­ter­lik baie ver­ant­woor­de­lik en sta­biel voor, maar sy is nie, sê Mur­ray. Sy val bin­ne uit­me­kaar.

An­na is die mid­del­kind.

“Sy is haar pa se kind, ’n in­tro­vert en stil, en net so lief vir seil­jag­te soos hy,” sê Ma­rais.

Weens om­stan­dig­he­de moet An­na uit Lon­den te­rug­keer met meer as net haar ba­ga­sie.

“Die Wa­ter­front as ag­ter­grond vir die sto­rie maak dit baie in­te­res­sant en baie mooi,” sê S­ti­an Bam, wat die rol van An­na se ou lief­de ver­tolk.

’n Fa­mi­lie­tra­ge­die bring die drie sus­ters, wie se paaie ja­re lank ge­skei was, weer na die V&A Wa­ter­front en die seil­jag­klub, waar hul kin­der­dae af­ge­speel het.

Hoe­wel die wê­reld van die My­burgh-fa­mi­lie op die op­per­vlak glans­ryk ver­toon, word duis­te­re ge­hei­me ont­hul en die don­ker kant van hul glans­ry­ke le­we bloot­ge­lê.

Ma­rais sien uit na men­se se re­ak­sie op die reeks.

“Die pro­duk­sie­waar­de is fan­tas­ties,” sê sy. “Dis ’n bie­tjie an­ders ge­skiet, met baie te­rug­flit­se.”

Wa­ter­front lyk nie die­self­de as e­nig­iets an­ders wat al in Suid-A­fri­ka ge­doen is nie, sê Bam.

Wa­ter­front is ge­skep deur Ma­ri­da S­wa­ne­poel en Le­on Kru­ger het die draai­boek ge­skryf.

Eu­o­dia Samson, Paul du Toit, E­ri­ca Wes­sels, Han­nes van Wyk en C­har­l­ton Lee Ge­or­ge ver­skyn ook in die reeks.

■ Wa­ter­front word van Ok­to­ber af op kykNET (DStv-ka­naal 144) uit­ge­saai.

Fo­to’s: JA­CO MA­RAIS

Ro­lan­da Ma­rais, T­rix Vi­viers en Mi­lan Mur­ray is die drie sus­ters wat me­kaar ná ’n lang tyd weer sien by die V&A Wa­ter­front, waar hul­le groot­ge­word het.

Ro­lan­da Ma­rais se ka­rak­ter is die mid­del­kind van die ryk My­burg­hge­sin wat van Lon­den moet te­rug­keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.