Pri­va­te speur­der help seun se ge­steel­de hond kry

Beeld - - Nuus - Kay­de­ne Da­vids

’n Bloem­fon­tein­se seun is met die hulp van ’n pri­va­te speur­der die na­week met sy ge­steel­de hond­jie her­e­nig.

B­ren­dan Wans­bu­ry (7), ’n gr. 3-leer­ling aan die La­er­skool U­ni­ver­si­tas, kon Son­dag nie die tra­ne keer nie toe S­pi­kes, ’n Jack Rus­sell, te­rug in sy arms was.

B­ren­dan was oor­wel­dig, sê sy pa, Gra­ham.

Die hond­jie is Don­der­dag uit hul erf in Bains­vlei ge­steel toe nie­mand tuis was nie.

Die dief het S­pi­kes by ’n vul­sta­sie in Lan­gen­ho­ven­park ver­koop.

S­pi­kes is Son­dag met die hulp van ’n pri­va­te speur­der, T­heo Bronk­horst, in Bloem­fon­tein op­ge­spoor.

Vol­gens Wans­bu­ry het hul­le beeld­ma­te­ri­aal van die tran­sak­sie be­kom na­dat hul­le S­pi­kes op so­si­a­le me­dia op­ge­spoor het.

“Ons het die ko­per deur sy re­gis­tra­sie­nom­mer op­ge­spoor en laat weet dat die hond ge­steel is en aan my seun be­hoort.”

Wans­bu­ry sê hy het die ko­per die be­drag ge­gee wat hy vir die hond be­taal het so­dat hul­le S­pi­kes kon te­rug­kry.

“S­pi­kes is nou weer waar hy hoort – vei­lig in my seun se arms.”

Bronk­horst sê hy is bly dat hy S­pi­kes met B­ren­dan kon her­e­nig.

Die uit­druk­king op B­ren­dan se ge­sig maak sy werk die moei­te werd, sê hy.

Fo­to: FA­CE­BOOK

B­ren­dan Wans­bu­ry met sy Jack Rus­sell, S­pi­kes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.