Aard­klop van­jaar dalk nog gro­ter

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Al­te­sa­me 92% van die fees­gan­gers wat Aard­klop ver­le­de jaar by­ge­woon het, het ge­sê hul­le wil van­jaar weer kom.

Dit is moont­lik ’n aan­dui­ding dat die fees in Ok­to­ber van­jaar selfs gro­ter kan wees as in 2016, toe dit R 53 mil­joen na Pot­chef­stroom ge­bring het, sê prof. Mel­vil­le Saay­man, hoof van die toe­ris­me-na­vor­sings af­de­ling van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit.

“Die fees se e­ko­no­mie­se in­spui­ting kan van­jaar by die R70 mil­joen wees.”

Ja­pie Gouws, voor­sit­ter van die Aard­klop-di­rek­sie, het ver­le­de Dins­dag met die be­kend­stel­ling van die fees­pro­gram in Pot­chef­stroom ge­sê hul groot­ste uit­da­ging is om die fees vol­hou­baar te maak.

“Die e­ko­no­mie druk en men­se draai hul pen­nies om. Kuns­te­fees­te het ’n luuk­se ge­word.”

Die fees se in­kom­ste van R53 mil­joen ver­le­de jaar sluit kaart­jie­ver­ko­pe, e­tes, ver­to­nings, in­ko­pies by stal­le­tjies, ver­blyf en par­keer­plek in.

El­ke twee men­se wat die fees saam be­soek het, het ge­mid­deld R3 100 be­stee.

“Hul­le het die mees­te aan e­tes be­stee, ge­volg deur in­ko­pies by stal­le­tjies en kaar­tjies vir ver­to­nings,” sê Saay­man.

Net om­trent die helf­te van die be­soe­kers aan die fees­ter­rein (so­wat 62 000) het ook kaar­tjies vir ver­to­nings (so­wat 30 000) ge­koop.

“Ver­le­de jaar se fees­gan­gers, meest­al A­fri­kaans­spre­ken­des van Gau­teng en Noord­wes, het ge­sê hul­le het ge­kom ter wil­le van die be­houd van die fees en van­weë die be­kos­tig­baar­heid van on­der meer toe­gang tot die fees­ter­rein.”

Die fees­ter­rein is ver­le­de jaar vir die eer­ste keer in ja­re na die Bult te­rug­ge­skuif en die toe­gangs­geld, tot R20 per dag ver­laag.

A­lexa S­tra­chan, fees­be­stuur­der, sê dit sal van­jaar weer net R20 wees so­dat fees­gan­gers meer geld vir ver­to­nings be­skik­baar het.

Saay­man sê be­ken­de kuns­te­naars is al­tyd ’n groot trek­pleis­ter. Van­jaar se fees­pro­gram is prop­vol be­ken­des in ver­skeie te­a­ter­pro­duk­sies, waar­van som­mi­ge de­buut­wer­ke is. Ge­wil­de mu­si­kan­te soos S­tef Bos, He­mel­be­sem, Mat­hys Roets en Lau­ri­ka Rauch gaan op­tree.

Saay­man meen van­jaar se “fan­tas­tie­se va­ri­a­sie” en die te­rug­keer van gra­tis ver­to­nings en kin­der­pro­duk­sies sal fees­gan­gers lok.

S­tra­chan sê die na­vor­sing het hul­le ge­help om die pro­gram te be­plan, maar hul­le neem ook in ag wat van ’n goeie kuns­te­fees ver­wag word. “Ons hand­haaf ’n ba­lans tus­sen wat men­se wil hê en wat hul­le be­hoort te kry.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.