’n Nag in koue vir wild­tuin­plek

Beeld - - Nuus - U­gen Vos

’n Be­jaar­de eg­paar het gis­ter­aand die koue ge­trot­seer en op die stoep voor San­par­ke se kan­toor in P­re­to­ria ge­slaap om se­ker te maak hul­le kry vol­gen­de jaar die ge­leent­heid om die Kru­ger­wild­tuin te be­soek.

Be­spre­kings vir vol­gen­de jaar o­pen van­og­gend.

Dit is die der­de jaar op­een­vol­gens wat Harm (80) en Mag­da (73) Tim­mer­man die e­le­men­te aan­durf om se­ker te maak hul­le kry ’n staan­plek in die ge­wil­de wild­tuin.

“Ons gaan el­ke jaar saam met ons kin­ders en klein­kin­ders Kru­ger­wild­tuin toe en hoop reg­tig ons kry plek.

“Ons is nou maar een­maal nie so ver­troud met die in­ter­net nie, so dit is die e­nig­ste ma­nier om se­ker te maak ons kry plek.”

Die Tim­mer­mans se seun, P­hil­lip (45), sê die fa­mi­lie gaan al die af­ge­lo­pe tien jaar el­ke jaar wild­tuin toe en pro­beer so na moont­lik aan me­kaar bly­plek kry.

Dit is ’n fa­mi­lie­tra­di­sie dat hy, sy vrou, Ma­ris­ka (43), en hul kin­ders, Chris­ti­an (16), Mar­cel (14) en Rein­hardt (9), die win­ter­va­kan­sie saam met sy ou­ers in die wild­tuin deur­bring.

Vol­gens P­hil­lip is die eer­ste op­sie vol­gens San­par­ke se be­leid om in die tou te wag om plek te be­spreek, waar­na men­se kan bel en dan aan­lyn kan be­spreek.

“Teen die tyd dat jy by die der­de op­sie kom, is dit eint­lik al te laat.”

Mag­da sê: “My man is al 80, so P­hil­lip en die klein­kin­ders help ons ge­woon­lik om die tent by die woon­wa op te slaan, en­so­voorts.

“Ons het so 17:30 hier aan­ge­kom en is nou tien­de in die tou, so ons is eint­lik ’n bie­tjie laat.

“Ons is wel van die vroeë men­se, maar net om­dat ons tien­de is, be­te­ken dit nie ons sal wel plek kry nie. Ons hoop op die bes­te.”

Mag­da en haar man sou die nag in ’n oop gan­ge­tjie op San­par­ke se stoe­pie deur­bring.

“Die wind­jie is maar skraal, maar ons is in ’n goeie luim en het da­rem kom­ber­se, ’n bie­tjie sjer­rie en lek­ker eet­goed,” sê Mag­da.

Vol­gens haar het men­se teen 19:00 ki­lo­me­ters ag­ter hul­le tou­ge­staan.

Die men­se het om­streeks 18:00 be­gin stil raak toe die koue be­gin byt.

Die fa­mi­lie hoop om vyf nag­te se staan­plek vir twee woon­wa­ens ê­rens tus­sen 23 Ju­nie en 16 Ju­lie te kry.

Ja­ni­ne Raf­to­pou­los, San­par­ke-woord­voer­der, sê dit is men­se se keu­se om tou te staan, maar sy is baie bly San­par­ke se at­trak­sies is so ge­wild.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

Harm Tim­mer­man (80) en sy vrou, Mag­da (73), het be­sluit om die koue gis­ter­aand te trot­seer en tot van­og­gend voor San­par­ke se kan­toor in Groen­kloof, P­re­to­ria, te slaap om se­ker te maak hul­le kry vol­gen­de jaar plek in die Kru­ger­wild­tuin. Op die ag­ter­grond is bis­kop J. Si­biya en sy vrou, N­qo­bi­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.