‘Her­o­pen on­der­soek’

GERT VAN ROOY­EN Seun spoel sy mond uit op Fa­ce­book­blad

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die on­der­soek na die dood van die pe­do­fiel Gert van Rooy­en en Joey Haar­hoff, sy le­wens­maat, as­ook waar die ses mei­sies is wat hul­le ont­voer het, moet her­o­pen word.

So sê Ger­hard van Rooy­en, ’n seun van Gert, op die Fa­ce­book-blad Hoop: Ons kant van die sto­rie, wat hy on­langs ge­stig het. Die Fa­ce­book-blad het teen gis­ter­mid­dag 270 le­de ge­had.

Ger­hard be­weer sy pa het nié Haar­hoff en daar­na hom­self dood­ge­skiet ná ’n jaag­tog met die po­li­sie in Ca­pi­tal Park in P­re­to­ria in 1990 nie.

Ger­hard het fo­to’s op die Fa­ce­book-blad ge­plaas van twee men­se met skiet­won­de ag­ter in die kop.

In die man se kop kan ’n koe­ël­gat in die nek ge­sien word en in die vrou se kop is daar ’n koe­ël­gat ef­fe ho­ër op in die kop.

Ger­hard be­weer dié fo­to’s is van sy pa en Haar­hoff. Hy kon gis­ter nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Hy sê in ’n stem­bood­skap op sy eie Fa­ce­book-blad dat “bui­te­land­se on­der­soe­kers” sy pa en Haar­hoff se dood en die ver­dwy­ning van die mei­sies moet on­der­soek. Vol­gens hom is daar nie­mand in die po­li­sie in Suid-A­fri­ka wat die on­der­soek kan voort­sit nie.

Hy waar­sku men­se op sy eie Fa­ce­book-blad om nie hom en sy fa­mi­lie te be­le­dig nie.

“Luis­ter mooi, die waar­heid gaan se­ë­vier en daar’s niks wat ie­mand kan doen om dit nou te pro­beer keer nie. SuidA­fri­ka kyk en volg nou.”

In­tus­sen soek die Won­der­boom­poort-po­li­sie na Ger­hard weens be­weer­de be­drog.

Hy het glo in 2013 ’n huis wat hy ver­huur in koe­ran­te en op Fa­ce­book ge­ad­ver­teer. So­dra men­se be­lang ge­stel het, het hy glo aan hul­le ge­sê om geld in ’n bank­re­ke­ning te de­po­neer en dan nooit weer van hom laat hoor nie.

“In an­der ge­val­le sou hy ad­ver­teer dat hy ’n voer­tuig ver­koop en be­lang­stel­len­des ver­soek om kon­tant in sy vriend se re­ke­ning te be­taal. So­dra die kon­tant ge­de­po­neer is, sou hy weer spoor­loos ver­dwyn,” sê ao. Lou­rens Lem­mer van die Won­der­boom­poort-po­li­sie.

Ger­hard is in 2013 ’n op­ge­skor­te von­nis van vyf jaar in die han­dels­hof in P­re­to­ria op­ge­lê op agt aan­klag­te van be­drog. Die von­nis is in die ge­heel op­ge­skort in­dien hy R241 800 aan sy slag­of­fers sou te­rug­be­taal.

Die spoor­lo­se ver­dwy­ning van die ses mei­sies wat Gert en Haar­hoff ont­voer het, bly ná al die ja­re steeds een van SuidA­fri­ka se ter­gend­ste mis­daad­raai­sels.

O­det­te Bou­cher (12), An­ne­ma­rie Wa­pe­naar (12), Jo­an Horn (13), Fi­o­na Har­vey (11), Yo­lan­da Wes­sels (12) en Tra­cey-Lee S­cott-Cross­ley (13) is nooit ge­vind nie.

Gert is met die ver­dwy­ning van die mei­sies ver­bind, maar nooit in heg­te­nis ge­neem nie.

Hy het ten ty­de van ’n jaag­tog om weg te kom van die po­li­sie in 1990 eers Haar­hoff en toe hom­self in sy Ford Ban­tam­bak­kie dood­ge­skiet, het die po­li­sie des­tyds ge­sê.

Ger­hard sê op die Fa­ce­book­blad dat die bak­kie “in die draai voor PPC tot stil­stand ge­kom het. Die bloed het maan­de lank ’n don­ker kol ge­vorm en die plek ge­merk”.

Gert se huis in Ca­pi­tal Park in P­re­to­ria is tot op die grond af­ge­breek en op­gra­wings op die erf na die oor­skot van die mei­sies het niks op­ge­le­wer nie.

Nóg soek­tog­te, wat niks op­ge­le­wer het nie, is aan die K­waZu­lu-Na­tal­se noord­kus ge­doen, waar Gert en Haar­hoff ’n va­kan­sie­huis ge­had het.

Hoop om van die mei­sies se oor­skot te kry, het in Ju­nie op­ge­vlam toe die po­li­sie op­gra­wings ge­doen het op ’n s­trand in B­lyt­he­da­le, noord van Dur­ban, na­dat ’n span van die do­ku­men­tê­re pro­gram Fo­kus op SABC2 in­lig­ting aan die po­li­sie ge­gee het.

Die soek­tog het ook niks op­ge­le­wer nie.

■ E­nig­ie­mand wat weet waar Ger­hard van Rooy­en hom be­vind, word ver­soek om ao. Lou­rens Lem­mer te bel by 081 531 3785.

Joey Haar­hoff en Gert van Rooy­en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.