8 in hof ná moord op ge­lief­de win­ke­lier

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Agt men­se het gis­ter in die land­dros­hof in Wol­ma­rans­stad ver­skyn weens die moord op ’n be­ken­de en ge­lief­de win­ke­lier, wat sy on­der­ne­ming meer as 50 jaar in dié dorp in Noord­wes be­dryf het.

Die agt bly in aan­hou­ding en ver­skyn weer op 7 Au­gus­tus in die hof, sê b­rig. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes. Hul na­me was teen druk­tyd nog nie be­kend nie.

Die po­li­sie se trio-taak­span in K­lerks­dorp, A­friForum en South A­fri­can Com­mu­ni­ty Acti­on Net­work (SA Can), ’n nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie wat mis­daad be­kamp, het saam­ge­werk om hul­le vas te trek.

“Die trio-taak­span het puik werk ge­doen. Dis wat ons wil sien,” het Ma­ri­us M­ül­ler, A­friForum se na­si­o­na­le vei­lig­heids­ko­ör­di­neer­der, gis­ter ge­sê.

Die ver­dag­tes word aan­ge­kla van die moord Son­dag 23 Ju­lie op Ab­bo Al­wyn Koor­eys­hi (70), huis­roof en men­se­roof van Koor­eys­hi se vrou en dog­ter.

Koor­eys­hi en sy ge­sin is om­streeks 18:00 in hul huis in die Noor­park-woon­buurt by Wol­ma­rans­stad oor­val. Koor­eys­hi het pas te­rug­ge­keer van die plaas­li­ke mos­kee toe hy met ’n mes in die nek ge­sny en op die to­neel dood is.

Die ro­wers het sy vrou en dog­ter in hul eie mo­tor in­ge­dwing en met hul­le na kits­ban­ke in die dorp ge­ry om geld te trek. Die twee vroue is la­ter so­wat 20 km bui­te Wol­ma­rans­stad af­ge­laai. Hul­le is aan­ge­rand, maar nie erns­tig be­seer nie.

’n Fa­mi­lie­lid sê die fa­mi­lie is bit­ter oor die “on­mens­li­ke ma­nier” waar­op Koor­eys­hi ver­moor is. Hy was die ei­e­naar van Al­wyn en Seuns, ’n al­ge­me­ne han­de­laar wat meu­bels en kle­re in Wol­ma­rans­stad ver­koop het. Koor­eys­hi se fa­mi­lie het hom be­skryf as ’n rus­ti­ge, kalm, on­baat­sug­ti­ge, vre­de­lie­wen­de en baie ge­lo­wi­ge mens.

Die po­li­sie se trio-taak­span in K­lerks­dorp het se­dert die moord on­ver­poos ge­werk om sy moor­de­naars vas trek.

Vyf van die ver­dag­tes is Vry­dag en Sa­ter­dag in die Wol­ma­rans­sta­den De­la­rey­vil­le-om­ge­wing vas­ge­trek. Bank­kaar­te, sel­fo­ne en ’n skoot­re­ke­naar wat aan die Koor­eys­hi-ge­sin be­hoort, is glo by hul­le ge­vind.

M­ül­ler sê hul­le en SA Can het ná die aan­vank­li­ke in­heg­te­nis­ne­mings ge­help om nog moont­li­ke ver­dag­tes op te spoor. “’n Vrou wat moont­lik be­trok­ke was, is in Car­le­ton­vil­le op­ge­spoor, waar­na lei­dra­de wat sy verskaf het, op­ge­volg is. Nog ver­dag­tes is la­ter in die om­ge­wing van Vry­burg vas­ge­trek.”

Hul­le en die vyf wat vroe­ër vas­ge­trek is, het gis­ter in die hof ver­skyn.

M­ül­ler sê die po­li­sie het nie al­tyd ge­noeg tyd en hulp­bron­ne om mis­da­de te on­der­soek nie. “A­friForum en or­ga­ni­sa­sies soos SA Can kan hul­le dan by­staan met on­der meer op­spo­rings­teg­no­lo­gie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.