Moord op tie­ner: Man bly in sel

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

Die ver­meen­de moor­de­naar van ’n 15-ja­ri­ge skool­mei­sie wat haar lyk ver­moe­de­lik ná die moord ver­brand het, bly voor­lo­pig in aan­hou­ding.

Ts­he­po Ma­ny­e­ki (32) het gis­ter weer in die land­dros­hof in K­lerks­dorp ver­skyn weens die moord, wat die ge­meen­skap van die Jou­bert­on­towns­hip ge­ruk het. Hy ver­skyn weer op 29 Sep­tem­ber.

Nom­buyi­se­lo Nom­be­wu se ver­bran­de lyk is in Mei van­jaar tus­sen bos­se in ’n oop stuk veld na­by die Jou­bert­on­towns­hip ge­vind. Sy is twee dae te­vo­re laas ge­sien toe haar ou­ma haar na ’n buur­vrou ge­stuur het, sê b rig. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes.

Sy het nie te­rug­ge­keer nie en haar fa­mi­lie het haar as ver­mis aan­ge­meld. Dis nog nie be­kend hoe sy ver­moor is en of sy nog ge­leef het toe sy aan die brand ge­steek is nie.

By Ma­ny­e­ki se vo­ri­ge ver­sky­ning het men­se voor die hof be­toog. Ver­skil­len­de po­li­tie­ke groe­pe het die moord ten sterk­ste ver­oor­deel.

Ma­e­tu K­gai­le, bur­ge­mees­ter van die Mat­losa­na-mu­ni­si­pa­li­teit, het vroe­ër ge­sê nie­mand het die reg om ’n an­der om die le­we te bring nie.

Glo­ria Ma­le­te, DA-raads­lid in Mat­losa­na, het dit be­aam. “Al­le ge­meen­skap­pe is kwes­baar. Som­mi­ge vroue is bang om al­leen te loop of in hul hui­se te wees. Hul­le is nou mis­da­di­gers se ge­van­ge­nes.”

Fo­to: K­LERKS­DORP RECORD.

Nom­be­wu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.