2 dood in boen­doe­ge­weld in Po­lo­kwa­ne

Beeld - - Nuus -

In die so­veel­ste voor­val van boen­doe­ge­weld in Lim­po­po is twee mans wat van mis­dry­we ver­dink is, in die sa­ke­kern van Po­lo­kwa­ne dood­ge­slaan.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê ’n groep mans het Vry­dag in ’n mi­ni­bus in Po­lo­kwa­ne na ver­meen­de mis­da­di­gers gaan soek.

Hul­le het aan­vank­lik ’n 29-ja­ri­ge man en sy 30-ja­ri­ge vriend glo ont­voer.

N­goe­pe sê die groep het daar­na nog twee mans op­ge­spoor wat hul­le van mis­dry­we ver­dink het en hul­le ook in die mi­ni­bus ge­boen­der.

Die vier mans is be­skul­dig van ver­skeie mis­da­de, on­der meer dief­stal, in die sa­ke­kern van Po­lo­kwa­ne.

Op die hoek van Ris­sik- en De­ve­nishstraat het hul­le stil­ge­hou en die mans glo aan­ge­rand. Twee is dood­ge­slaan.

N­goe­pe sê die po­li­sie is ont­bied en die an­der twee erns­tig be­seer­de mans is na ’n hos­pi­taal ge­neem.

Die groep het laat spaan­der toe die po­li­sie op­daag. “Ons on­der­soek nog wie die mans is,” het N­goe­pe ge­sê.

Lt.genl. N­ne­ke Ledwa­ba, po­li­sie­hoof in Lim­po­po, het die voor­val­le van boen­doe­ge­weld ten sterk­ste ver­oor­deel en die pu­bliek ge­vra om nie eie reg te ge­bruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.