Ge­skiet wyl sy hout op­tel: Boer in hof

Beeld - - Nuus -

’n Boer wat glo ’n vrou ge­skiet het ter­wyl sy vuur­maak­hout na­by sy plaas in die Zeerust-om­ge­wing op­ge­tel het, ver­skyn mô­re in die land­dros­hof in Zeerust.

Die boer, Nts­he­ki­sang Me­ra­keng (62), het ver­le­de week vir die eer­ste keer op aan­klag van po­ging tot moord ver­skyn.

Me­ra­keng is steeds in aan­hou­ding, maar dit is nie se­ker wan­neer hy om borg­tog aan­soek sal doen nie.

’n Koe­ël het die slag­of­fer, Si­si N­ta­te, ge­tref ter­wyl sy en drie an­der men­se vroeg ver­le­de week vuur­maak­hout op­ge­tel het, sê ’n fa­mi­lie­lid, net be­kend as Alf­red.

Vol­gens lt.kol. A­man­da Fu­na­ni, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, is N­ta­te in die lin­ker­arm ge­tref waar­na die koe­ël by die lin­ker­kant van haar bors­kas in­ge­gaan en by die reg­ter­kant uit is.

Alf­red sê om­stan­ders het ’n am­bu­lans ont­bied en sy is na ’n hos­pi­taal in die om­ge­wing ge­bring.

Dit is nie be­kend wat haar toe­stand nou is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.