Op die vlak­te kan jy maar re­ken op hulp

Beeld - - Kommentaar - Pe­tro Han­sen

Win­ter­tyd is die Bos­veld­se boe­re op hul to­ne. Wan­neer die koue oor die vlak­te kom, is ’n boer oor sy kam­pe soos ’n ou­er oor sy kin­ders.

Hy maak al teen die grens­draad voor­brand, al langs die teer­pad af. Ver­al as dit ’n be­son­der nat laat­so­mer en herfs was en die gras lank is.

Op die vlak­te is die boe­re al­mal goed vir me­kaar. As die wei­ding op jou plaas vlam vat, kan jy re­ken op hulp. Of as jou fiets langs die pad ’n lek­band kry . . .

Nou die Son­dag­og­gend gaan ry ek en die we­der­helf­te fiets en ek tref in die dorp ’n slag­gat.

Ek kry eg­ter nie eens kans om die re­ge­ring uit te skel oor die toe­stand van die paaie op die plat­te­land nie, want net toe s­top ’n boer langs ons met sy Toyo­ta-bak­kie.

“Het jul­le moei­lik­heid?” vra hy. “Ek is op pad om te gaan stroop, maar die stro­per is nog klam. Ek vat jul­le gou huis toe.”

Die vlak­te is plat en die ge­ring­ste ro­kie is van ver sig­baar.

Hier­die tyd van die jaar hou al wat boer en plaas­wer­ker is die lug soos ’n meer­kat dop.

Die veld is wit en droog. Die brand­spui­te staan vol wa­ter ge­reed. ’n Ro­kie wat dié tyd van die jaar trek, laat ’n boer se hart ys en bloed stol.

Van­me­le­we het die sen­tra­le, die nom­mer-as­se­blief, baie gou ge­weet waar die rook van­daan kom en die boe­re in die om­ge­wing laat weet. Van­dag doen ons dit met sel­fo­ne.

Toe ek des­tyds van ’n stads­ja­pie in ’n boer­vrou ver­an­der het, was my plaas­ken­nis maar skraps.

Ek het net-net ge­weet aan wat­ter kant van ’n koei haar ui­er sit.

Een mid­dag ge­waar ek ’n ro­kie aan die wes­te­kant van die plaas. Ek kon nie vir we­der­helf op sy foon in die han­de kry nie en bel toe vir An­ri, ons buur­vrou, om te hoor waar haar man, Wil­lem, is om te kom help.

Buur­vrou sê haar Wil­lem se foon is ook bui­te ont­vangs, maar sy is op pad. Ons staan so en kyk na die gras wat toe nog net ’n stro­kie brand.

Ek is se­ker Lou­is Eras­mus se men­se is on­der­weg, hul­le moes al die rook sien trek het en Wil­lem van der Walt se men­se is se­ker op pad met hul­le fi­re­fig­h­ter. Dit is toe ook so.

Van­dag weet ek as ’n brand op jou plaas uit­breek, moet jy kyk uit wat­ter rig­ting die wind waai.

Ek weet jy kan die veld brand­steek om teen hom­self dood te brand. Ek weet ’n brand op ’n plaas kan twee ge­swo­re vy­an­de weer vrien­de maak.

Ek weet as daar ’n na­tuur­li­ke ver­sper­ring soos ’n ri­vier is, moet jy pro­beer om die brand teen die ver­sper­ring vas te druk.

Ek het be­slis nie ál hier­die goed ge­weet toe ek des­tyds pa­nie­ke­rig by buur­vrou An­ri in die rook en roet ge­staan het nie.

Des­tyds toe ek haar ge­vra het: “Maar moet ons nie ook 911 bel vir hulp nie?”

‘‘

Ek weet ’n brand op ’n plaas kan twee ge­swo­re vy­an­de weer vrien­de maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.