SA kort ’n e­ko­no­mie­se kon­gres

Beeld - - Kommentaar - Jo­han de K­lerk, P­hi­lip­stown

Die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie ver­keer tans in ’n af­waart­se spi­raal wat erns­ti­ge im­pli­ka­sies vir die toe­koms in­hou. Ek sien nê­rens op die ho­ri­son ’n e­ko­noom of po­li­tie­ke lei­er wat die lei­sels doel­ge­rig neem om ons hier uit te kry nie.

Daar­om stel ek ’n een­ma­li­ge E­ko­no­mie­se Kon­gres voor, waar ons Suid-A­fri­ka se to­p­e­ko­no­me, as­ook een of twee in­ter­na­si­o­na­le e­ko­no­me, die ge­leent­heid gee om ’n re­fe­raat te le­wer. Twee kop­pe is be­ter as een. Hier­uit kan nu­we e­ko­no­mie­se ge­dag­te­rig­tings of -in­stel­lings voort­spruit wat Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie­se rig­ting kan be­paal.

Aan­ge­sien Beeld oor goeie sa­ke­joer­na­lis­te be­skik en pu­bli­si­teit daar­aan kan ver­leen, ver­soek ek graag dat Net­werk24 so ’n ge­leent­heid borg en ad­ver­teer. Dit is in ons al­mal se be­lang en die bloot­stel­ling sal Net­werk24 net tot voor­deel wees.

Ek bied ook my diens­te en tyd vry­wil­lig aan op e­ni­ge wy­se waar ek be­hulp­saam kan wees. Ek glo daar is nog men­se wat sal mee­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.