En­kel­lo­pen­de rei­si­gers be­na­deel

Beeld - - Kommentaar - En­kel­toe­ris, Lynn­wood­rif

Die ver­skil­len­de aan­bie­din­ge in die koe­ran­te se reis­by­lae het my hart vin­ni­ger laat klop tot­dat ek na die fyn­skrif ge­kyk het. Pry­se is be­re­ken per per­soon met twee vol­was­se­nes wat deel. My op­ge­won­den­heid het som­mer da­de­lik in die niet ver­dwyn.

Hier­die ver­eis­te van twee vol­was­se­nes wat deel, vind ek ge­reeld in an­der reis­pro­mo­sies.

In­dien jy nie wil deel nie, is daar ge­woon­lik ’n by­be­ta­ling van 10% of meer. Waar­om word nie ook vir en­kel­lo­pen­des voor­sie­ning ge­maak son­der om ’n en­kel­hef­fing te ver­eis nie? Is daar nie dalk ê­rens ’n boot­reis of toer son­der by­be­ta­lings wat en­kel­toe­ris­te in ag neem en hul­le ge­hal­te­ver­blyf bied nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.