Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad - SMS’e kos R1,50

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

V

Ons leef in on­stui­mi­ge po­li­tie­ke tye, maar die VF Plus toon geen re­ak­sie nie. Hoe kan hul­le ons stem ver­wag?

V

– Hugo, Lynn­wood Ma­nor Ek wens dr. Mak­ho­si K­ho­za wil by die DA aan­sluit. Ek sa­lu­eer jou, dr. K­ho­za! – M.J. S­mit, P­re­to­ria

V

Ju­li­us Ma­le­ma kan maar aan­soe­ke met Eu­ro­pe­se van­ne vir va­kan­te pos­te fil­ter. Sy ti­ra­de oor En­gel­se pri­va­te sko­le laat my lag. Het hy al ge­kyk wat­ter pro­por­sie van die sko­lie­re het nie tra­di­si­o­neel Eu­ro­pe­se van­ne nie? Hy moet sy huis­werk gaan doen en sy eie men­se om ver­sko­ning vra om­dat hul­le die bes­te on­der­rig vir hul kin­ders pro­beer kry.

V

– Piet S­teyn, P­re­to­ria

Op bl. 4 en 5 van Sa­ter­dag se Beeld word ras­sis­me vir my dui­de­lik uit­een­ge­sit. Op bl. 4 lees ek van ’n on­der­wy­ser wat af­ge­dank is om­dat hy ras­sis­tie­se uit­la­tings teen­oor ’n swart per­soon ge­maak het. Op bl. 5 lees ek van Ed­ward Zu­ma se ras­sis­tie­se uit­la­tings teen­oor Pra­vin Gord­han en De­rek Ha­ne­kom. Zu­ma jr. hoef eg­ter nie ’n boe­te van R150 000 te be­taal soos Pen­ny S­par­row nie. Die ANC ver­eis net dat hy sy woor­de te­rug­trek en al­les is ver­ge­we. – Con­nie, Hei­del­berg

VEd­ward Zu­ma, ’n mens kry nie so iets soos ’n walg­li­ke hond nie. Hon­de is dier­baar en prag­tig. Jy kry wel walg­li­ke men­se.

V

– El­ma­ri – Ina Young Nee wat, die Gup­tas moet maar by die C­hi­ne­se gaan leer hoe jy ’n A­fri­ka­land oor­neem.

V

Wie is al­mal KPMG se kli­ën­te? Hoe kan ’n mens so ’n lys be­kom? – Le­on, Fai­r­land V S­haun A­bra­hams doen nie sy werk nie en is soos Die S­kim on­sig­baar. Die Zup­tas se be­skerm­en­gel moet ver­vang en so gou as moont­lik van die rol ge­skrap word.

V

Lie­we B­ren­dan Pey­per, dan­kie dat jy Son­dag­aand op die Kro­ne­kon­sert die al­bas­ter ge­vat het wat my klein­seun van drie jaar oud al ’n week lank in sy sak be­waar het, spe­si­aal om vir jou te gee. Jy is sy held, ver­al toe jy daar­die al­bas­ter in jou sak ge­steek en ver­der ge­sing het.

V

– DB – Es, Jo­han­nes­burg

Dan­kie, Ru­dolph Mey­er en Blou­wil­lem, jul skryf­werk gee my die voor­reg om te be­sef: Van­dag is nog ’n ge­leent­heid om hand aan die ploeg te slaan en te help om ons leef­wê­reld ’n be­ter plek vir al­mal te maak. – Daan Bos­hoff, Rooi­huis­kraal

V

Dr. Da­nie van der Walt, ’n ge­re­spek­teer­de spe­si­a­lis met geen vo­ri­ge ver­oor­de­lings nie wat boon­op ge­waar­sku het dat ’n vrou ’n kei­ser­snee moet kry, word tronk­straf op­ge­lê? Land­dros Mar­le­ne G­rey­ven­stein, jou uit­spraak is ’n aan­klag op die oor­deel van so­wel die me­die­se as die regs­pro­fes­sie.

V

– Lap­pies – Ge­skok

Kan­ker is nou vir die twee­de keer by my klein­kind van vyf jaar ge­di­ag­no­seer. Ons kry nie e­ni­ge me­die­se hulp nie en die staat is net be­reid om geld te gee vir MIV/vigs­be­han­de­ling, maar nie vir kan­ker nie. – Gert, P­re­to­ria V Hoe­kom is daar so vin­nig en dras­ties teen dr. Ve­jay Ram­la­kan, skry­wer van die boek Man­de­la’s Last Y­e­ars, op­ge­tree? Pleeg hy hei­ligs­ken­nis? Is ons weer te­rug in die Mid­del­eeue? – Hans Re­tief, P­re­to­ria

V

Frans S­mit, daar is nie net 15 pron­ke­ri­ge leeus nie – daar is dui­sen­de van ons. – Jo­han, Se­cun­da

V

Ag nee, Frans S­mit, hoe­kom is jy so ne­ga­tief oor die Leeus se kans? Ek is ’n stoe­re Blou Bul, maar dié na­week is ek ’n Leeu. Hul­le is die e­nig­ste span waar­mee ons kan spog. S­terk­te, Leeus!

V

Frans S­mit, jou on­der­rok hang uit! As die Leeus Sa­ter­dag wen, moet jy as­se­blief mooi om ver­sko­ning vra, dié keer weer per SMS. – Ja­pie, Boks­burg

V

Ek hoop die arm men­se wat nie DStv kan be­kos­tig nie, gaan ook die eind­stryd tus­sen die Leeus en die Cru­sa­ders op SAUK­TV kan kyk. – Hen­nie, Flo­ri­da

V

Goue Leeus, maak ons Sa­ter­dag weer trot­se Suid­A­fri­ka­ners teen die Cru­sa­ders. – Chris, die Blou Bul

V

Dis snaaks hoe af­guns­tig se­ke­re le­sers op die Leeus se suk­ses is. Moet hul­le die span af­kraak om hul eie ja­loe­sie te ver­berg? – Lin­da, Con­stan­ti­ak­loof

V

Ek hoop die Leeus se on­der­steu­ners gaan hul­le by die Su­per­eind­stryd ge­dra. Die eer­ste helf­te van die half­eind­stryd het hul­le die skeids­reg­ter en die Hur­ri­ca­nes vrees­lik ge­boe. Ek het my ge­skaam!

V

– Gi­na

Die Leeus is die e­nig­ste Suid­A­fri­kaan­se span wat die af­ge­lo­pe vyf jaar die Su­per­eind­stryd met ge­wo­ne ou­ens twee keer kon be­reik. Hul kop sit ste­wig op hul skou­ers en hul­le is nie wind­la­waai­e­rig nie. Dis die e­nig­ste Suid­A­fri­kaan­se spe­lers wat nog ’n or­dent­li­ke laag­vat kan uit­voer. Ge­luk aan Jo­han Ac­ker­mann en die be­stuur. Ons staan Sa­ter­dag 100% ag­ter jul­le.

V

– Matthys – Tou van Tank­wa

Ek wag nog om te hoor of Al­lis­ter Coet­zee die Leeus gaan ge­luk­wens met hul ver­to­ning teen die Hur­ri­ca­nes. Hy hand­haaf ’n da­we­ren­de stil­te. –SA rug­by on­der­steu­ner

V

Ons sal moet wag dat die Bul­le weer vir SuidA­fri­ka rug­by­glo­rie bring! Geen an­der Suid­A­fri­kaan­se Su­per­span is in staat om dit te doen nie, al­ler­mins die veel­ge­roem­de Leeus. – Ge­or­ge, El­do­rai­gne

V

Gra­e­me Pol­lock was toe heel­te­mal reg toe hy die Pro­tea­krie­ket­span as mid­del­ma­tig be­stem­pel.

B­ren­dan Pey­per

Die Leeus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.