Dro­me van die wil­der­nis laaf ons sie­le

Beeld - - Middelblad - Ger­hard Ver­doorn

Soms sit ek en wens wan­neer die dro­me my oor­val. Die wê­reld om ons het baie ge­hei­me wat ver­bor­ge bly vir dié wat die stad se spro­kies vir die wil­der­nis se mis­tiek ver­ruil het.

Vir ons wat nood­ge­dwon­ge klui­se­naars van die lig­gie­wê­reld ge­word het, wink die k­lei­ne ge­hei­me­nis­se soos flik­ke­ren­de ster­re as die nag sy duis­ter oor die aar­de trek.

Ek wens my to­ne kan in die diep don­ker wa­ters van die mag­ti­ge Zam­be­si deur die nuus­kie­ri­ge klein vis­sies ge­kie­lie word ter­wyl die mik stert by­e­van­ger par­man­tig met die vis­a­rend ge­sels.

Die ge­voel van die koel wa­ters streel my siel en die reuk van ’n ou buf­fel­bul wat knor­rig in die riet­bed die son ont­wyk, laat my glo die kab­be­lings van die groot ri­vier lê hier vlak voor my.

Ek wens die ster­re­he­mel van Ka­bou­ga­poort in die Zuur­berg vou oor my oop so­dat die bas­drom van die Kaap­se oor­uil en die tu­ba van die bos­uil my ge­dag­tes kan streel.

Ek voel die koel so­mer­nag waar die skalk­se ge­ban­de uil­tjie sy wee­klag die poort in­stuur ter­wyl krie­ke op die maat van die wit­ko­luil se a­ria koor sing.

Ek wens die trom­pet­ter van blou­kraan­vo­ëls oor die Ka­roo roep die krans­aas­vo­ëls weer te­rug na Kom­pas­berg, waar wit mis­mer­ke hul voor­sa­te se ver­ga­ne tuis­tes af­ba­ken.

My oë sal soek teen die kran­se vir die dwerg­a­rend se nes wan­neer die win­ter­son die han­ge met Pier­neef-kwas­te in pas­tel­le tooi.

Op my tong sal die geur van berg­kam­bro en klip­sweet draai wan­neer die wind­jie y­sig oor die sand­steen blaas.

Ek wens die son wil stil­staan so­dat Is­rael se Ara­va­val­lei in my hart ge­skil­der kan word.

Die wê­reld om my sal sid­der as die so­mer­son die kwik­bol by ’n hal­we hon­derd vas­slaan ter­wyl ’n E­gip­tie­se aas­vo­ël vanuit die koel bo­lug die aar­de be­spied.

Ek hoor in my ge­dag­tes die stem van die Be­doe­ïen wat sy ka­me­le met kos­ba­re vrag­te in die woes­tyn van ’n oa­se met koe­le wa­ters ver­tel.

Ek wens ek stap in die Ta­te Von­do-wou­de van die Sout­pans­berg waar wy­se ou­es waar­sku teen die reu­se-slang wat men­se ver­or­ber.

Die kog­gel van ’n sa­man­go-aap sal my nek­ha­re laat rys, want mis­kien het hy die slang ge­sien, maar dan sal die bos­bok se blaf my uit my droom ont­waak en die ge­jo­del van heug­lin­se la­waai­ma­ker sal die sto­ries oor die slang ver­dryf.

Ek wens die sneeu van Mis­sou­ri kan van­aand on­der my voe­te kraak, daar waar die bruin­beer skui­ling hou.

Die sag­te pels van die groot wit wolf sal my han­de soos flu­weel ver­troe­tel en die dier se warm a­sem sal in my nek blaas ter­wyl hy speels na my ore hap. Sy ore sal spits as die an­der hom die nag in­lok en net sy spo­re sal in die sneeu ag­ter­bly.

Die dro­me van die wil­der­nis laaf ons sie­le teen die on­ein­di­ge een­saam­heid van die stad wat nie don­ker plek­kies het waar dro­me ge­bo­re word nie.

As dro­me die wyk neem, sal ons sie­le die e­wig­heid in­vaar son­der vre­de, son­der rus, son­der ge­noeg­doe­ning, son­der be­stem­ming.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.