Goeie Nuus

F­op­nuus is nie ons ding

Beeld - - Middelblad -

So­si­a­le me­dia is ’n broei­plek vir f­op­nuus.

On­langs het die sto­rie soos ’n veld­brand ver­sprei dat die mi­nis­ter van on­der­wys sou ge­sê het te veel stu­die ver­oor­saak brein­ska­de.

Ons word eg­ter tot ’n ho­ër stan­daard op­ge­roep as om so iets sum­mier te glo of om sul­ke nuus on­ge­kon­tro­leerd ver­der te ver­sprei. As na­vol­gers van Je­sus is dit ons roe­ping om 1 Ko­rin­ti­ërs 13 uit te leef deur die bes­te van an­der te ver­wag en te glo.

Selfs die regs­be­gin­sel ver­on­der­stel dat fei­te bo re­de­li­ke twy­fel be­ves­tig moet word voor­dat ie­mand skul­dig be­vind kan word.

Hoe­veel te meer moet ons wat sê ons glo in die He­re en be­skou naas­te­lief­de as die hart­klop van sy wil, dan die bes­te van an­der men­se ver­wag.

Dit is im­mers wat die He­re met ons elk­een doen. Keer op keer glo Hy die bes­te van ons. Selfs as ons Hom te­leur­stel, be­gin Hy maar weer van voor af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.