Baie wa­ter ver­lo­re oor ka­naals­lik

DE­PAR­TE­MENT HOU DÍT NIE IN STAND Wes­Kaap sal op­ruim en van staat eis

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Die na­si­o­na­le de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie se ver­suim om slik uit ka­na­le in die WesKaap te ver­wy­der, het 7,5 mil­joen ku­bie­ke me­ter wa­ter in 2016 in die Leeu­ri­vier-ka­na­le ver­lo­re laat gaan.

Met die hui­di­ge wa­ter­be­per­kings is dit ge­lyk­staan­de met twee we­ke se wa­ter vir Kaap­stad, sê He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier.

Voor­heen is be­rig dat boe­re in die om­ge­wing van Sa­ron, waar die Leeu­ri­vier in die op­vangs­ge­bied van die Vo­ël­vlei­dam is, ook in Fe­bru­a­rie ge­kla het dat die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie nie nood­saak­li­ke in­stand­hou­dings­werk doen nie.

Die Wes-Kaap­se re­ge­ring gaan nou R3,5 mil­joen ge­bruik om nood­saak­li­ke werk aan die Vo­ël­vlei­dam se ka­na­le te doen.

Zil­le sê wan­neer die werk af­ge­han­del is, gaan die Wes-Kaap­se re­ge­ring ’n re­ke­ning aan die na­si­o­na­le de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie stuur om die geld te­rug te eis.

“Die fi­nan­sies van die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie is in ’n cha­o­tie­se toe­stand,” sê Zil­le.

“Die in­kom­ste wat uit die ver­koop van wa­ter ge­maak word, word ge­bruik om sa­la­ris­se te be­taal.

“Dit is voor­heen ge­bruik om die in­fra­struk­tuur in stand te hou,” sê Zil­le.

Die de­par­te­ment is R4,3 mil­jard in die rooi.

Dit be­te­ken on­der meer dat die kon­trak­teurs vir tyd­per­ke van lan­ger as ses maan­de nie be­taal word nie om­dat in­ter­ne be­heer­maat­re­ëls, pro­jek­be­stuur en die be­stuur van kon­trak­te in duie ge­stort het.

Zil­le sê die Vo­ël­vlei­dam is ’n be­lang­ri­ke bron van wa­ter vir Kaap­stad en die om­lig­gen­de dor­pe in die droog­te­ge­teis­ter­de Wes­kus-streek.

Zil­le se be­we­rings is na die kom­mu­ni­ka­sie af­de­ling van die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie ge­stuur vir kom­men­taar.

Die de­par­te­ment het by die ter per­se gaan nog nie op die ver­soek om kom­men­taar ge­re­a­geer nie.

Die in­kom­ste wat uit die ver­koop van wa­ter ge­maak word, word ge­bruik om sa­la­ris­se te be­taal. Dit was voor­heen ge­bruik om die in­fra­struk­tuur in stand te hou.

— HE­LEN ZIL­LE

’n Ka­naal van die Leeu­ri­vier in die om­ge­wing van Sa­ron soos dit in Fe­bru­a­rie van­jaar ge­lyk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.