55 veld­wag­ters sterf aan diens

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

Min­stens 55 veld­wag­ters van A­fri­ka is die af­ge­lo­pe 12 maan­de in die uit­voe­ring van hul plig­te dood.

Dit het gis­ter aan die lig ge­kom op ’n by­een­koms van San par­ke en die Veld­wag­ters­ver­e­ni­ging van A­fri­ka ter vie­ring van In­ter­na­si­o­na­le Veld­wag­ters­dag.

Op die by­een­koms in Wil­der­nis is dié sterf­ge­val­le, die maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se im­pak van die Tuin­roe­te Na­si­o­na­le Park en die moont­li­ke ver­sprei­ding van uit­heem­se plan­te se sa­de in na­si­o­na­le par­ke on­der meer be­spreek.

Byna 34 by­een­koms­te word jaar­liks in die Tuin­roe­te Na­si­o­na­le Park ge­hou, het San­par­ke ná die by­een­koms in ’n ver­kla­ring ge­sê. Die park kry jaar­liks meer as 200 000 be­soe­kers.

Pad­dy Gor­don, be­stuur­der van die Tuin­roe­te Na­si­o­na­le Park, sê San­par­ke se rol is om die na­tuur te be­waar en na­tuur­er­va­rings aan be­soe­kers te bied. Dit sluit ver­skeie stap­roe­tes, fiets­ry- en bos­uit­stap­pies in.

Een van die groot at­trak­sies in par­ke is veld­wed­lo­pe. Van­jaar het meer as 10 000 men­se al in in­heem­se bos­ge­bie­de van Wil­der­nis tot die T­sitsi­kam­ma in die Tuin­roe­te Na­si­o­na­le Park ge­draf. Dit sluit by­een­koms­te in soos die jaar­lik­se Knys­na-bos­ma­ra­thon, wat op die Oe­ster­fees plaas­vind.

S­port­by­een­koms­te vind in de­le van die park plaas wat vir dié doel ge­so­neer is.

In ’n voor­leg­ging het Ky­le S­mith, ma­rie­ne e­ko­loog, ge­wys op draw­wers wat moont­lik sa­de van uit­heem­se plan­te in na­si­o­na­le par­ke kan ver­sprei deur mid­del van hul draf­skoe­ne.

S­mith en sy span het vroe­ër ten ty­de van die Ot­ter­veld­wed­loop in die T­sitsi­kam­ma-ge­bied ’n eks­pe­ri­ment in dié ver­band ge­doen. Hy sê draw­wers moet hul skoe­ne voor en ná el­ke wed­loop skoon­maak.

Vol­gens Andrew Camp­bell, uit­voe­ren­de hoof van die Veld­wag­ters ver­e­ni­ging van A­fri­ka, is 55 veld­wag­ters van A­fri­ka al die af­ge­lo­pe 12 maan­de aan diens dood. Die groot ge­tal sterf­tes is kom­mer­wek­kend, sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.