SA ver­ple­ër ver­eer vir TB­toets

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

’n Ver­pleeg­ster en na­vor­ser van die groep Dok­ters Son­der G­ren­se het ’n in­ter­na­si­o­na­le prys ge­wen vir werk wat toon dat ’n een­vou­di­ge u­rie­ne­toets kan wys of ’n MIV/ vigs­ly­er tu­ber­ku­lo­se (TB) het.

Dié stu­die, wat deur C­he­nai Mat­ha­bi­re ge­doen is, ge­bruik ’n TB-LAM-toets, wat bin­ne 30 mi­nu­te be­ves­tig of ie­mand wat MIV-po­si­tief is ook TB het.

Sy is op van­jaar se In­ter­na­ti­o­nal Aids So­cie­ty Con­fe­ren­ce on HIV

S­cien­ce ver­eer vir haar na­vor­sing, vol­gens Dok­ters Son­der G­ren­se.

Die toets kos net $3, verg min op­lei­ding om dit te ge­bruik en bring mee dat men­se da­de­lik be­han­del kan word.

Mat­ha­bi­re het haar werk ge­doen in Ma­la­wi en Mo­sam­biek, waar men­se maan­de lank wag op die uit­slag van toet­se.

Lui­dens ’n ver­kla­ring spoor die toets ’n pro­te­ïen, ge­naamd li­po­a­ra­bi­no­ma­nan (LAM), op wat ge­skep word wan­neer TB-bak­te­rieë sel­le af­breek. Hoe la­er ’n pa­si­ënt se im­mu­ni­teit, wat deur CD4-T-sel­le ge­meet word, hoe meer LAM kom in die u­rie­ne voor.

Dit word vol­gens die na­vor­sing aan­be­veel vir men­se met ’n baie lae CD-4-tel­ling.

Fo­to: DOKERS SON­DER G­REN­SE

C­he­nai Mat­ha­bi­re

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.