‘Geen klink­kla­re ant­woor­de’

Fo­kus op kin­ders wat aan dwelms ver­slaaf is

Beeld - - Kuns & Veemaak -

Ger­da Tal­jaard se jong­ste roman, Die laks­man se dog­ter, is soos ’n weg­hol spook­trein en so don­ker soos 90%­ka­kao­Lindt­sjo­ko­la­de. De­bo­rah S­tein­mair het met haar ge­sels.

Ger­da Tal­jaard-Gil­son woon saam met haar man, Rod­ger, en drie Deen­se hon­de in ’n boom­ry­ke voor­stad in die ou P­re­to­ri­aOos, in ’n lief­li­ke ou huis wat bit­ter koud is in die win­ter.

Sy lyk soos ’n si­geu­ne­rin: K­leur­vol, mis­te­ri­eus, ver­strooid en la­ko­nies, en het ’n don­ker hu­mor­sin. Haar skryf­werk het nog al­tyd na pik­don­ker ge­neig: twee ro­mans, Kel­der en ’n En­gel in die hoen­der­hok en’ n bun­del kort­ver­ha­le, Maan­siek. Sy was’ n by­drae rin ve­le kort­ver­haal bun­dels. Sy is as a­ka­de­mi­kus aan U­ni­sa ver­bon­de.

Die laks­man se dog­ter is huis­hou­de­li­ke noir, so don­ker soos 90%-ka­kao-Lindt­sjo­ko­la­de, soos Nick Ca­ve se bal­la­des. Dis ’n na­el­byt-siel­kun­di­ge ril­ler wat om­stre­de te­mas–soos dwelm­ver­sla­wing, die dood­straf, ge­na­de­dood, af­knou­e­ry, self dood, be­kruip i ng deur die me­dia–vrees­loos ta­kel. Dis soos’ n pret­park weg­hol spook trein­wa tin’ n ver­la­te myn­skag ge­raam­tes op­jaag.

Oor die gen­re sê sy: “’n Huis is ’n plek waar jy ver­on­der­stel is om vei­lig en ge­bor­ge te voel, maar dis dik­wels eer­der ’n slag­veld as ge­volg van on­der­druk­king, ma­ni­pu­le­ring, af­knou­e­ry, ge­weld en ja, ver­sla­wing. In Die laks­man se dog­ter word die huis­ge­sin se ge­luk en ge­bor­gen­heid be­dreig deur die e­nig­ste dog­ter se dwelm­ver­sla­wing. He­ro­ïen ver­an­der haar van ’n lief­de­vol­le kind tot ’n ma­ni­pu­le­ren­de, self­sug­ti­ge mens wat uit­ein­de­lik tot moord in staat is.”

Sy re­ken ou­ers voel dik­wels ver­ant­woor­de­lik vir hul kin­ders se ver­sla­wing en hoe­wel om­ge­wings­fak­to­re wel ’n groot rol speel, is ver­sla­wing ook oor­erf­lik.

“Tie­ners is ge­neig om hul ver­sla­wing op ie­mand an­ders te bla­meer, maar ek weet van hoe­veel men­se wat ’n keu­se ge­maak het om be­heer te neem oor hul le­we. Soos die hoof­ka­rak­ter in Ir­vi­ne Welsh se Trainspot­ting op­ge­merk het: “C­hoo­se a li­fe. C­hoo­se a job. C­hoo­se a ca­reer. C­hoo­se a fa­mi­ly. C­hoo­se a f***ing big te­le­vi­si­on . . .”

Só het die boek ont­staan: “Ek het eint­lik maar ui­ting ge­gee aan my groot­ste vrees: Om ’n kind te hê wat ’n ver­slaaf­de is.” Sy trek haar skou­ers op. “Ek het toe nooit ’n kind ge­had nie. Dis baie soos Li­o­nel Shri­ver (ook kin­der­loos) se mo­ti­ve­ring om We Need to Talk A­bout Ke­vin te skryf: Dat ’n kind van haar as ’n mas­sa­moor­de­naar kon ont­pop.

“Toe kom ek ag­ter dat ge­wel­dig baie van ons vrien­de en ken­nis­se se kin­ders ver­slaaf is en let­ter­lik op straat bly. En nie­mand praat eint­lik daar­oor nie. Ein­de­lik het ’n vrien­din o­pen­lik met my daar­oor ge­praat. Ek het haar ge­vra of ek die ge­ge­we kan ge­bruik, maar nie nood­wen­dig die ka­rak­ters nie. By­voor­beeld die feit dat haar hu­we­lik dit nie kon hou nie. ’n Mens won­der: Wat doen so iets aan ’n hu­we­lik, aan ver­hou­dings, hoe han­teer jy so iets?”

Sy re­ken men­se ver­wag een­vou­dig dat ’n ma of ou­ers on­mid­del­lik van hul ba­bas gaan hou. Wan­neer dit nie ge­beur nie, is dit so ’n groot skan­de dat nie­mand daar­oor wil praat nie. “Ek het hier en daar al ’n vrien­din ge­had wat vir my ge­sê het dit het haar let­ter­lik drie maan­de ge­neem om vat te kry aan haar kind,” ver­tel sy.

Kin­ders fi­gu­reer sterk in haar boe­ke. “Dis ook maar ’n ge­val van: As ’n vrou kan ek uit ’n man se per­spek­tief skryf, jy hoef nie nood­wen­dig in ’n si­tu­a­sie te wees om daar­oor te skryf nie. Ek het sus­ters en vrien­din­ne met kin­ders.”

Mar­cel­la, die kind in die boek, is be­son­der dui­de­lik ge­te­ken. Tal­jaard ver­tel daar is e­le­men­te van haar sus­ters se kin­ders, maar daar is ook iets van haar­self as kind in Mar­cel­la. “My ma het my ver­tel ek het een­dag vir haar ge­sê ek voel naar. Toe dink sy ek is siek, maar ek ver­dui­de­lik: My hart voel naar. Sul­ke ti­pe van goed­jies.”

Wan­neer dit kom by die te­ma van af­knou­e­ry en die ska­de wat dit aan­rig, het sy in­spi­ra­sie ge­put uit Mar­ga­ret At­wood se Cat’s Eye. Oor die hoof­ka­rak­ter/ver­tel­ler Ro­sa­ria ver­tel sy: Sy is half­Ka­to­liek en half-Pro­tes­tants (soos ek). ’n Vriend van my se ou­ers het ná die Twee­de Wê­reld­oor­log uit I­ta­lië na Suid-A­fri­ka ge­kom. Uit hier­die ver­skil­len­de oor­de kry ek my in­spi­ra­sie en i­dees.”

Haar guns­te­ling skry­wer sis Ju­lia Leigh, Mar­ga­ret At­wood, Hi­la­ry Man­tel, Ma­ri­lyn­ne Ro­bin­son en Ian M­cE­wan. “Dan die ou­er A­fri­kaan­se skry­wers soos An­na M. Louw, Hen­ri­ët­te Gro­vé, Wil­ma S­toc­ken­ström en Pe­tra M­ül­ler.”

Wat is ’n goeie boek? “Dis hip­no­ti­se­rend, dit trek jou in, so­veel so dat al­les an­ders weg­val en ver­vaag so­dat tyd nie meer be­staan nie.”

Tal­jaard het die groot­ste lof vir Fou­rie Bo­tha en El­ze­bet S­tub­be, wat die A­fri­kaan­se fik­sie-uit­ge­wers by Pen­guin Rand­om Hou­se SA is, so­wel as Ryno Post­hu­mus, die be­mar­ker. “Hul­le be­han­del skry­wers met re­spek en dra hul be­lan­ge op die hart.”

Met Die laks­man se dog­ter wou sy iets sê oor die kom­plek­si­teit van die mens­li­ke be­staan, dat daar nie klink­kla­re ant­woor­de is vir kwes­sies soos ge­na­de­dood, self­dood of die dood­straf nie: “Net wan­neer jy dink iets is ge­reg­ver­dig, duik daar ’n mag­dom an­der vraag­stuk­ke op.”

Fo­to: JOANNE OLIVIER

Ger­da Tal­jaard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.