Duo vat raak met ‘Fan­ta­sie en ver­beel­ding’

Beeld - - Kuns & Veemaak - Paul Boek­kooi S­pi­na & Be­nig­net­ti­kla­vier­duo Tau­ro­me­ni­um, P­re­to­ria

Dié I­ta­li­aan­se kla­vier­duo se be­son­der­se ei­en­skap­pe het met hul eer­ste Suid-A­fri­kaan­se kon­sert­toer gou ver­sprei by mon­de van ’n soms op­ge­bla­se so­si­a­le me­dia. Dit maak ’n mens krie­wel­rig, maar dié keer was dit nie no­dig nie.

Vier han­de op een kla­vier ver­eis ui­ters ont­wik­kel­de ver­mo­ëns en vaar­dig­he­de, maar ver­al ook ’n kon­se­kwen­te en eens­ge­sin­de be­skou­ing op die wer­ke wat uit­ge­voer word. E­le­a­no­ra S­pi­na en Mi­che­le Be­nig­net­ti is in die werk­li­ke le­we ’n paar­tjie en dié ver­bin­te­nis was son­der twy­fel po­si­tief aan­da­dig om hul mu­si­kaal-teg­nie­se groei­pro­ses nog ver­der te sti­mu­leer.

Die pro­gram se ti­tel is met Fan­ta­sie en ver­beel­ding raak ge­ka­rak­te­ri­seer. In mu­siek wat van Mo­zart tot by Bar­ber ge­strek het, was ons ge­tui­es van ’n ge­laai­de reis deur tyd waar­ty­dens dié be­te­ke­nis­vol­le maar soms ont­wy­ken­de be­skry­wings in sy vol­le kon­teks ge­blom het.

Mo­zart se Fan­ta­sie in f, K 608 is ’n mu­si­ka­le won­der­werk – ver­al ook in die lig daar­van dat dit vir ’n me­ga­nie­se uur­werk ge­skryf is en, soos des­tyds met sul­ke spe­si­fie­ke aan­wen­dings die ge­val was, kon die re­sul­taat aan een­voud of selfs ’n soort pri­mi­ti­wi­teit ge­grens het. Nie by Mo­zart nie. Or­re­lis­te voer dit uit, ook, soos hier, twee pi­a­nis­te, ter­wyl fan­tas­ties klin­ken­de ver­wer­king be­staan, soos een vir blaas­kwin­tet.

Die I­ta­li­aan­se duo het dié werk met ’n im­puls ver­tolk wat ons on­mid­del­lik mid­de-in die kom­po­nis se hoog­ste ge­ni­a­li­teits­vlak in­ge­lyf het. Die by­kans on­ge­loof­li­ke sti­lis­tie­se di­ver­si­teit daar­van – van­af die kon­tra­punt van die Ba­rok, tot by die meer diep­ge­voe­li­ge stem­min­ge wat op­ge­roep is – was die spel ge­fo­kus op die her­ont­dck­king van dit al­les.

S­chu­bert se Fan­ta­sie in f, D 940 (die­self­de toon­aard as Mo­zart s’n) se o­pe­nings­te­ma bly dae aan­een in die luis­te­raar rond­draal – ver­al in die kon­tras­te waar­deur dié aan­een­lo­pen­de vier­de­li­ge werk wen­tel – voor­dat daar­die ein­ste te­ma weer te­rug­keer met ’n her­nu­de in­ten­si­teit, maar in wee­moe­dig­heid ein­dig.

Die spel was teg­nies se­kuur, maar ge­luk­kig was daar nooit twy­fel aan nie om­dat ’n deur­leef­de in­ter­pre­ta­sie al­les ge­grond­ves het.

Hul pro­gram se twee­de helf­te was iet­wat min­der uit­da­gend, maar wel kon­tras­ryk om­dat Ra­ch­ma­ni­noff se ses Mor­ceaux, o­pus 11 en Bar­ber se Sou­ve­nirs Sui­te, o­pus 28 elk­een uit ses mi­ni­a­tu­re be­staan. Eers­ge­noem­de kom­po­nis se wer­ke is dalk eer­der vir die huis­li­ke kring as ’n kon­sert­saal be­doel, maar die I­ta­li­a­ners het el­ke ti­tel­be­skry­wing meer as ge­stand ge­doen.

Met Bar­ber in sy fleur is juis daar­die uit­da­gings nóg gro­ter as by die jong Ra­ch­ma­ni­noff. Daar­aan is dan ook ruim­skoots vol­doen.

■ Van­aand om 19:30 bied dié duo ’n pro­gram op twee kla­vie­re aan in die Kon­ser­va­to­ri­um­saal, Pot­chef­stroom.

E­le­a­no­ra S­pi­na en Mi­che­le Be­nig­net­ti.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.