F­le­ming los o­pe­ra­ver­hoog, maar nog lank nie op­na­me­a­tel­jee

Beeld - - Kuns & Veemaak - Paul Boek­kooi Klank­kuns

Die jaar 2017 skyn vir die A­me­ri­kaan­se so­praan Renée F­le­ming ’n wa­ter­skei­dings­jaar te wees, met haar aan­kon­di­ging in A­pril, wat vir die mees­te van haar aan­han­gers ’n skok was, dat sy o­pe­ra vaar­wel gaan toe­roep en dat die Met-op­voe­ring van Der Ro­sen­ka­va­lier van Ri­chard S­trauss in Mei haar laas­te op­tre­de op ’n ver­hoog sou wees.

In­tus­sen is haar jong­ste CD, Dis­tant Lig­ht, uit­ge­reik. Dit bied ’n voor­sma­kie van wat ons al hoe meer in die toe­koms van haar te wag­te kan wees.

In haar vi­sier is daar waar­skyn­lik al hoe meer re­per­to­ri­um waar­by oor­werk­te o­pe­ra­di­vas sel­de uit­kom: vo­ka­le klein­kuns, o­ra­to­ri­um, ge­wy­de werk, ei­e­tyd­se kom­po­si­sies, as­ook he r in­ter­pre­ta­sies van lig­ter gen­res soos jazz (sy’s nie ver­niet A­me­ri­kaans nie) en selfs pop.

Hier ver­skyn drie uit­een­lo­pen­de wer­ke. Sy o­pen haar pro­gram met haar land­ge­noot Sa­mu­el Bar­ber se K­nox­vil­le: Sum­mer of 1915, ge­ïn­spi­reer deur ’n sen­si­tie­we pro­sa­ge­dig van die skry­wer en rol­prent kri­ti­kus Ja­mes A­gee.

Dit bied ’n blik op die dig­ter en la­ter ook Bar­ber se eie huis­li­ke om­stan­dig­he­de.

Dit is vo­kaal uit­da­gend en is se­dert die pre­mi­è­re daar­van in 1948 met E­le­a­nor S­te­ber as so­praan, hoof­saak­lik slegs deur die mees ge­vier­de san­gers van hul tyd aan­ge­durf: Le­on­ty­ne P­ri­ce, Kathleen Batt­le en nou F­le­ming. Haar uit­voe­ring is op ’n hoë vlak ver­dien­ste­lik, al be­sit dit skaars die ti­pe­ren­de ver­ha­len­de styl en ka­rak­ter­ry­ke woord­spel van ’n P­ri­ce.

Die mees­ter­werk hier is die S­weed­se kom­po­nis An­ders Hil­l­borg (1954-) se The S­trand Set­tings, in op­drag van F­le­ming ge­kom­po­neer op ge­dig­te van Mark S­trand (1934-2014), ’n Ka­na­dees ge­bo­re A­me­ri­kaan­se dig­ter en ge­sie­ne a­ka­de­mi­kus.

Hil­l­borg word er­ken as een van die oor­spronk­lik­ste den­kers on­der le­wen­de S­weed­se kom­po­nis­te. Sy or­kes­tra­sies ont­sluit nu­we klank­vel­de. Hier is dit die swe­wen­de ge­laagd­heid wat hy in die stry­kers ont­plooi en wat ma­gies kon­tras­teer met F­le­ming se eks­pres­sie­we vo­ka­le fan­ta­sie rond­om S­trand se dik­wels harts­tog­te­li­ke en beel­dop­roe­pen­de teks­te.

Black Sea is die mees trans­for­me­ren­de toon­set­ting, met die so­praan wat el­ke nu­an­se met so ’n die­pe graad van ge­voels­ryk­heid tref dat dit as vol­ko­me ou­ten­tiek na vo­re kom. Die ge­dig Dark Har­bor XXXV waar­in S­trand met ’n spot­ten­de si­nis­me ’n lyn tus­sen pros­ti­tu­te en en­ge­le deur­trek, is ’n vo­ka­le krag­toer vir F­le­ming, ter­wyl die di­ri­gent Sa­ka­ri Ora­mo hier die blits­vin­ni­ge S­tra­win ski­ag­ti­ge be­ge­lei­ding ver­al rit­mies ui­ters op­win­dend laat voort­stu.

Die der­de been van dié uit­rei­king vier die e­klek­ti­sis­me van die ge­wil­de Ys­land­se san­ger, lied­jie­skry­wer, ak­tri­se en nog meer, B­j­örk (1965-), wat geen be­kend­stel­ling be­no­dig nie. Hier is dit F­le­ming se soms by­kans kin­der­li­ke stem wat ’n nu­we di­men­sie daar­aan toe­voeg.

‘DIS­TANT LIG­HT’. BAR­BER: K­nox­vil­le: Sum­mer of 1915, o­pus 24. AN­DERS HIL­L­BORG: The S­trand Set­tings. B­J­öRK, verw. Hans Ek: Vi­rus; Yó­ga; All Is Full of Lo­ve. Renée F­le­ming, so­praan / Ko­nink­li­ke S­tock­holm Fil­har­mo­nie­se Or­kes / Sa­ka­ri Ora­mo. Dec­ca 483 0415.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.