Hu­man wen ATKVMu­ziq

Beeld - - Kuns & Veemaak -

Su­lay­man Hu­man (24) se ver­nuf ag­ter die kla­wers het hom in 2016 ’n der­de plek in die kom­pe­ti­sie ATKV-Mu­ziq be­sorg, maar van­jaar spog hy nie net met die eer­ste plek nie, maar ook met ’n prys vir die bes­te ver­tol­king van ’n Ba­ro­kof klas­sie­ke werk.

Dié boor­ling van Dys­sels­dorp, net bui­te Oudts­hoorn, het die ge­hoor in die ATKV se na­si­o­na­le in­stru­men­ta­le klas­sie­ke mu­siek kom­pe­ti­sie, Mu­ziq, Sa­ter­dag­aand in die ou­di­to­ri­um van die Hugo Lam­brechts-mu­siek­sen­trum in Pa­row mee­ge­voer.

Hu­man se eer­ste prys het hom R65 000 in die sak ge­bring en hy het ook prys­geld van R8 500 vir die bes­te ver­tol­king van ’n Ba­rok- of klas­sie­ke werk ont­vang.

Die sax­o­foon­spe­ler Ca­me­ron Wil­li­ams was twee­de en het R32 000 ont­vang. Wil­li­ams het ook ’n by­ko­men­de prys van R8 500 vir die bes­te ver­tol­king van ’n Suid-A­fri­kaan­se werk ge­kry. Die vi­o­lis Jef­frey Arm­strong het R16 000 vir sy der­de plek ge­kry.

Die an­der twee fi­na­lis­te was B­ri­an Bae (kla­vier) en Jo­na­than May­er (vi­ool). Al vyf fi­na­lis­te het ook R10 000 ont­vang.

In­stru­men­ta­lis­te tus­sen 15 en 27 kon hul­le vir Mu­ziq in­skryf.

Hu­man werk tans aan sy mees­ters­graad aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Sy kla­vier­loop­baan het as 12-ja­ri­ge be­gin toe een van sy on­der­wy­sers ge­vra het wie mu­siek­les­se wil neem en hy sy hand op­ge­steek het.

“Ek het nie eens ge­weet hoe ’n kla­vier lyk of klink nie,” sê Hu­man.

30 kin­ders het daar­die dag hul hand en­toe­si­as­ties op­ge­steek. ’n Maand of drie la­ter was net Hu­man oor.

Hy het aan die be­gin el­ke dag 16:00 af­ge­sit na sy mu­siek­on­der­wy­ser toe. Daar was nie ’n kla­vier in sy huis om op te oe­fen nie.

Dit het eg­ter ver­an­der toe die Bar­row-fa­mi­lie­trust, die KKNK en die ATKV saam­ge­span en vir hom ’n kla­vier ge­koop het.

“Toe kon ek oe­fen net wan­neer ek wil. Ek dink ek het my ge­sin mal ge­maak. Maar ek het da­rem nie in 7de Laan-tyd ge­oe­fen nie,” sê hy.

Hy oe­fen el­ke dag, som­mi­ge dae tus­sen agt en tien uur lank, en droom daar­van om ’n kon­sert­pi­a­nis en do­sent te word.

Die na­si­o­na­le A­fri­kaan­se ra­di­o­sta­sie RSG was weer van­jaar die me­di­a­ven­noot van ATKV-Mu­ziq.

Fo­to: RUDY VAN HEERDEN

Su­lay­man Hu­man, wen­ner in die ATKVMu­ziq­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.