O­lie­prys styg nog ver­der

Beeld - - Sake -

Die o­lie­prys het gis­ter sy op­waart­se lo­pie van ver­le­de week voort­ge­sit, wat be­te­ken die ver­ho­ging in die brand­stof­pry­se mô­re kan in Sep­tem­ber op­ge­volg word met nog skok­ke.

Die B­rent-ru­o­lie­prys in Lon­den was gis­ter­og­gend 0,3% ho­ër op $52,67 per vat na­dat dit deur die loop van ver­le­de week sterk weg­ge­breek het bo­kant die siel­kun­dig be­lang­ri­ke vlak van $50.

Ook die A­me­ri­kaan­se maat­staf­prys, die West Tex­as In­ter­me­di­a­te, het vir die eer­ste keer se­dert Mei bo­kant $50 per vat ver­han­del na­dat die Or­ga­ni­sa­sie van Pe­tro­le­um uit­voer­lan­de( O pul) ge­sê het hul­le sal vol­gen­de week ver­ga­der om weer pro­duk­sie be­snoei­ings te be­spreek.

O­lie­pry­se is ho­ër weens A­me­ri­kaan­se o­lie voor­raad­vlak­ke wat

10% la­er is se­dert ein­de Maart, ter­wyl daar te­kens van ver­lang­sa­ming is in A­me­ri­kaan­se o­lie­pro­duk­sie.

Die lo­pie in o­lie-en an­der kom­mo­di­teits­pry­se is ook deels dank­sy’ n nu­we op­ti­mis­me oor in­ter­na­si­o­na­le e­ko­no­mie­se groei, ver­al na­dat ver­vaar­di­ging sy­fers uit C­hi­na ’n sty­ging ge­toon het.

Dit het’ n lo­pie vir kom­mo­di­teit s ver­wan­te aan­de­le op Eu­ro­pe­se aan­de­le­beur­se ont­ke­ten.

An­der sy­fers wat die op­ti­mis­me aan­vuur, is ’n her­stel in fa­briek­sy­fers uit Ja­pan in Ju­nie en die VSA se e­ko­no­mie wat in die twee­de kwar­taal ver­snel het.

O­pul, wie se le­de meest­al Mid­de-Oos­ter­se o­lie­pro­du­sen­te in­sluit wat so­wat 40% van die wê­reld se o­lie pro­du­seer, sê hy ver­ga­der vol­gen­de week met ven­noot­lan­de, soos Rus­land, in Abu D­ha­bi om te be­spreek hoe­kom som­mi­ge lid­lan­de nie by hul be­lof­tes oor­pro­duk­sie be­snoei­ing hou nie.

O­pul pro­beer pro­duk­sie sny om o­lie­pry­se te laat styg. Maar lan­de bui­te die kar­tel krap toe­ne­mend hul plan­ne deur­me­kaar, soos die VSA, wat nou groot hoe­veel­he­de o­lie met hi­dro­bre­king en ho­ri­son­ta­le pre­si­sie­boor­werk uit diep on­der­grond­se ska­lie­rots ont­gin.

Maar o­lie­pry­se het ver­le­de week vir die eer­ste keer se­dert Mei bo­kant hul 200-dag- be­we­gen­de ge­mid­del­de ge­styg om­dat han­de­laars min­der be­kom­merd is dat pro­duk­sie bui­te O­pul ge­noeg gaan wees om die ga­ping van O­pul se la­er pro­duk­sie te vul.

’n Aan­dui­ding van A­me­ri­kaan­se o­lie be­dryf ak­ti­wi­tei­te is die ge­tal boor­to­rings in be­dryf. In Ju­lie is net tien nu­we boor­to­rings in be­dryf ge­stel, wat die klein­ste sty­ging is se­dert Mei 2016.

Fo­to: REU­TERS

’n Gas­vlam by ’n o­lie­pro­duk­sie­plat­form in die Soroesjo­lie­veld in Iran. O­lie­pry­se het gis­ter ver­der ge­styg ná ver­le­de week se lo­pie tot meer as $50 per vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.