NUM wil op­ruk oor Ang­loGold se plan­ne

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler en Fin24

Die Ka­mer van Myn­we­se is ook baie be­kom­merd oor werk­ver­lie­se in die myn­bou, het die ka­mer ge­sê in re­ak­sie op ’n be­oog­de be­to­ging deur die Na­ti­o­nal U­ni­on of Mi­ne­wor­kers (NUM).

Die NUM gaan van­dag op­ruk na Ang­loGold As­han­ti se kan­toor by die Ko­pa­nong-myn in Car­le­ton­vil­le om te be­toog teen die af­leg­ging van 8 500 wer­kers.

Ro­ger Bax­ter, uit­voe­ren­de hoof van die ka­mer, het sa­me­wer­king tus­sen al­le be­trok­ke groe­pe – die ar­beid­sek­tor, my­ne en die re­ge­ring – be­pleit om die le­wens­vat­baar­heid van die be­dryf te be­skerm ten ein­de werk te be­skerm.

Die ka­mer sê die be­dryf het tus­sen 2012 en 2016 na­ge­noeg 70 000 men­se uit diens ge­stel.

Vol­gens die ka­mer het die sek­tor tus­sen 2014 en 2016 ’n ge­sa­ment­li­ke ver­lies van R50 mil­jard ge­ly.

Dit kan toe­ge­skryf word aan skerp sty­gings in krag­ta­rie­we, sa­la­ris­se en ma­te­ri­a­le soos staal, as­ook aan art. 54-op­skor­tings, sê die ka­mer.

Art. 54-op­skor­tings word deur die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne in­ge­stel ná ’n on­ge­luk of sterf­ge­val in ’n myn, maar die myn­bou­sek­tor kla nou al ja­re lank dat die slui­tings te lank duur en te om­vat­tend is. ’n He­le myn se pro­duk­sie sal by­voor­beeld op­ge­skort word, al was die on­ge­luk net in een skag.

In­ves­te­ring in die sek­tor word aan ban­de ge­lê deur die om­stre­de voor­ge­stel­de nu­we Myn­bou­hand­ves, wat in sy hui­di­ge vorm kos­te die hoog­te sal laat in­skiet “deur reg­streek­se en on­reg­streek­se hef­fings”.

Bax­ter re­ken dat tus­sen

100 000 en 200 000 men­se hul werk kan ver­loor weens die hand­ves, wat op­ge­skort is tot ’n hof­ge­ding in Sep­tem­ber.

Die NUM het vroe­ër die dag ge­sê sy le­de in die Mat­losa­na­ge­bied na­by Car­le­ton­vil­le gaan van­dag ’n pro­tes­op­tog hou uit re­ak­sie op Ang­loGold As­han­ti se aan­kon­di­ging in Ju­nie dat hy 8 500 wer­kers in sy my­ne in Mat­losa­na en Car­le­ton­vil­le uit diens gaan stel.

Ma­si­bu­le­le Na­ki, die NUM se streek­se­kre­ta­ris vir on­der­wys, het in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Dit word dus no­dig dat wer­kers, en spe­si­fiek le­de van die NUM, die maat­skap­py nie toe­laat om hul­le – van wie die mees­te swart men­se is – te on­der­myn nie.”

Die pro­tes­op­tog sal van­dag om 15:00 by die U­m­zim­hu­le-win­kel­sen­trum be­gin en sal by Ang­loGold se kan­toor by die Ko­pa­nong-myn ein­dig.

S­ri­ni­va­san Ven­ka­takrishnan, uit­voe­ren­de hoof van Ang­loGold, het op 28 Ju­nie ge­sê dit was “’n moei­li­ke be­sluit ná ’n tyd van be­dui­den­de en uit­ein­de­lik on­vol­hou­ba­re ver­lie­se en na­dat op­sies oor­weeg is om die Suid-A­fri­kaan­se be­dry­wig­he­de weer wins­ge­wend te maak”.

Ang­loGold As­han­ti se Ko­pa­nong­myn na­by Car­le­ton­vil­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.