Bid­vest koop Ier­se maat­skap­py wat fa­si­li­teit s dien stein B­rit­tan­je le­wer

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Bid­vest gaan ’n Ier­se maat­skap­py, Noo­nan, vir so­wat R2,7 mil­jard koop.

Bid­vest koop 100% van die aan­de­le van Noo­nan van Al­che­my Part­ners en die hui­di­ge be­stuur­span van Noo­nan, het die maat­skap­py gis­ter ge­sê.

Vol­gens Bid­vest is Noo­nan die mark­lei­er in die le­we­ring van ge­ïn­te­greer­de fa­si­li­teit s be­stuur s diens­te. Hy le­we rook by­kom­sti­ge diens­te wat strek van skoon­maak-tot vei­lig­heids­diens­te.

Noo­nan het meer as 13 000 werk­ne­mers en is in die he­le B­rit­tan­je be­dry­wig.

Bid­vest sê die ver­kry­ging is deel van sy stra­te­gie om sy teen­woor­dig­heid bui­te SuidA­fri­ka uit te brei en maat­skap­pye wat in nis­mark­te be­dry­wig is en nie ba­te-in­ten­sief is nie, te koop.

Noo­nan het ’n er­va­re be­stuur­span, le­wer aan­trek­li­ke en vol­hou­ba­re op­brengs­te en het sterk groei voor­uit­sig­te, sê Bid­vest.

Sy sa­ke­mo­del en ge­o­gra­fie­se teen­woor­dig­heid sal Bid­vest se diens­te-af­de­ling aan­vul.

Bid­vest sal die koop­som be­ta al­deur bui­te­land­se kre­diet­fa­si­li­tei­te wat hy teen goeie koer­se vas­ge­maak het, sê die maat­skap­py. Die be­stuur­span het ook diens­kon­trak­te on­der­te­ken en bly ver­bind tot die maat­skap­py.

Die ver­wag­te ef­fek­tie­we da­tum van die tran­sak­sie is 31 Au­gus­tus, maar die SuidA­fri­kaan­se Re­ser­we­bank moet dit goed­keur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.