Toe­skou­ers bly weg oor ’Sa­ders se sta­di­on

Beeld - - Sport -

On­der­steu­ners van die Cru­sa­ders is moeg daar­voor om hul rug­by in ’n ty­de­li­ke sta­di­on te kyk en daar­om het so baie van hul­le nie die twee Su­per rug­by uit­klop­wed­stryd ei nC hri st by­ge­woon nie.

So sê Ha­mish Ri­ach, uit­voe­ren­de hoof van die Cru­sa­ders­fran­chi­se, oor die feit dat net 10 000 men­se die kwart­eind­stryd teen die High­lan­ders in gu­re weer by­ge­woon het.

Daar het ook net 13 000 toe­skou­ers – in be­ter weer – op­ge­daag vir ver­le­de Sa­ter­dag se half­eind­stryd teen die C­hiefs.

Die AMI-sta­di­on, ook be­kend as Rug­by Le­a­gue Park, het sit­plek vir so­wat 21 600 men­se.

Die Cru­sa­ders speel se­dert 2011 daar na­dat aard­be­wings Lan­cas­ter Park struk­tu­reel erg be­ska­dig het. Dié sta­di­on kon van­weë vei­lig­heid s oor­we­gings nie weer ge­bruik word nie.

Daar word al lank plan­ne be­raam om ’n nu­we, veel­doe­li­ge sta­di­on in Chris­t­church op te rig, maar niks het nog hier­van ge­kom nie.

“Die stads­raad moet daar­oor dink, daar­oor praat en vir die toe­koms ’n op­los­sing kry. Ek dink Sa­ter­dag was ’n dui­de­li­ke te­ken dat on­der­steu­ners die­self­de sen­ti­ment deel,” sê Ri­ach.

Die Cru­sa­ders-baas glo ook die swak weers­om­stan­dig­he­de vir die kwart­eind­ron­de en ’n storm­sterk wind en reën in die aan­loop tot die half­eind­ron­de, het men­se twee keer laat dink daar­oor om op te ruk na die wed­stryd.

“On­der­steu­ners was net nie ge­reed om dit weer te doen nie, al was die weer­voor­spel­ling ’n goeie een.”

Nieu-See­land se sen­tra­le re­ge­ring en die Chris­t­church-stads­raad het vroe­ër van­jaar aan­ge­kon­dig dat hul­le ’n le­wens­vat­baar­heid­stu­die sal doen vir ’n veel­doe­li­ge, bin­nens­hui­se sta­di­on in die mid­de­stad.

Chris­t­church is Nieu-See­land se der­de groot­ste stad, maar die ge­brek aan ’n groot sta­di­on het daar­toe ge­lei dat ’n toets­wed­stryd tus­sen die All Blacks en B­rit­se en Ier­se Leeus nie daar aan­ge­bied kon word nie.

Ri­ach sê die klein ska­res en on­se­ker­heid oor ’n nu­we tuis­veld raak nou ’n be­kom­mer­nis vir die fran­chi­se, wat reeds fi­nan­si­ë­le ver­lie­se ge­ly het.

“Daar is be­slis nie ’n nu­we veel­doe­li­ge sta­di­on wat eens­klaps gaan ver­skyn nie. Ons moet maar vir so ’n ruk­kie lan­ger die bes­te van ’n sleg­te si­tu­a­sie in daar­die sta­di­on maak.”

– Reu­ters

Fo­to: GETTY IMAGES

Die For­ce hoop vir re­de tot fees­vie­ring wan­neer hul ar­bi­tra­sie teen die ARU af­ge­han­del is.

Die AMI­sta­di­on, ook be­kend as Rug­by Le­a­gue Park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.