Ray­mond be­ves­tig WP­skuif

S­PRING­BOK VER­LAAT C­HEE­TAHS ‘Ek gaan als van Vry­staat mis’

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die Vry­staat-C­hee­tahs se S­pring­bok-vleu­el Ray­mond R­hu­le ver­ruil die Ro­se­stad aan die ein­de van die Cur­rie­be­ker-reeks vir die Moe­der­stad.

R­hu­le het gis­ter ná heel­wat be­spie­ge­lin­ge sy skuif na die S­tor­mers en die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie be­ves­tig.

Hy be­hoort Sa­ter­dag in die Bok­ke se groep be­hou te word vir van­jaar se Rug­by kam­pi­oen­skap, wat be­te­ken dat hy die res van die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen se Cur­rie­be­ker-veld­tog kan mis­loop.

Die Bok ke­se laas­te wed­stryd in die Rug­by kam­pi­oen­skap i sop 7 Ok­to­ber teen die All Blacks op Nu­we­land in Kaap­stad, ter­wyl die Vry­sta­ters se laas­te Cur­rie­be­ker-groep­wed­stryd ’n week la­ter teen die Goue Leeus in Jo­han­nes­burg is. Die Cur­rie­be­ker-eind­stryd word op 28 Ok­to­ber be­slis en die S­pring­bok­ke se eer­ste toets op hul Eu­ro­pe­se toer is op 11 No­vem­ber teen Ier­land in Du­blin.

R­hu­le se Bok-ver­plig­tin­ge sal dus mee­bring dat sy 50ste Cur­rie­be­ker-wed­stryd ver­le­de maand teen die Haaie in Bloem­fon­tein sy laas­te in ’n Vry­staat-trui was.

“Ek gaan al­les van die Vry­staat mis. Dit was vir ’n lang tyd my huis en ’n groot deel van my le­we,” sê R­hu­le.

Hy maak met dié skuif se­ker dat hy vol­gen­de jaar weer Su­per­rug­by sal speel – net soos sy span­maat Ser­ge­al Pe­ter­sen, wat ook ’n Ka­pe­naar word.

Hy sê dit is ’n ge­leent­heid om hom in ’n an­der om­ge­wing te toets.

“Ek is ’n bie­tjie se­nu­ag­tig daar­oor. Ek is ie­mand wat hou van my ge­mak­so­ne, maar die tyd het aan­ge­breek dat ek my­self by die diep kant in­gooi.”

Hy maak geen ge­heim daar­van dat die Vry­staat hom al­tyd na aan die hart sal lê nie, ver­al die sa­me­ho­rig­heid wat hy in die Vry­staat-C­hee­tah- en C­hee­tah-span­ne be­leef het.

“Ek was hier op skool en Bloem­fon­tein en die Vry- staat is vir my baie spe­si­aal, maar ek is nie spyt oor die skuif nie.

“Ek kry nou ’n ge­leent­heid om in on­be­ken­de om­stan­dig­he­de te groei. Ek dink dit is hoe men­se hul ka­rak­ter vind,” sê R­hu­le.

R­hu­le sê hy weet dit gaan nie mak­lik wees om som­mer net in ’n WP- of S­tor­mer-span in te stap nie en dat har­de werk voor­lê.

“Ek sal my­self een­vou­dig har­der moet druk, want om die bes­te te wees moet jy teen die bes­te kan mee­ding. Ek weet daar is geen waar­borg dat ek e­ni­ge span sal haal nie, daar­om is dit be­lang­rik dat ek op my heel bes­te moet wees.

“Ek voel ná drie toet­se vir die S­pring­bok­ke is ek ge­reed vir nóg rug­by op na­si­o­na­le vlak. As ek nou weer vir die Rug­by kam­pi­oen­skap ge­kies word, sal my er­va­ring op in­ter­na­si­o­na­le vlak nog groei.”

Wat gaan hy die mees­te van Bloem­fon­tein mis?

“Dat ek op e­ni­ge ge­ge­we tyd net vyf mi­nu­te weg is van al­les wat ek no­dig het,” sê hy.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ray­mond R­hu­le, S­pring­bok­vleu­el, se 50ste Cur­rie­be­ker­wed­stryd teen die Haaie was waar­skyn­lik sy laas­te in ’n Vry­staat­trui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.