Oz se Su­per­ei­er­dans na­der aan sy ein­de

Beeld - - Sport -

Die Aus­tra­lie­se Rug­by­u­nie (ARU) se uit­ge­rek­te pro­ses om van een van sy Su­per­rug­by-fran­chi­ses ont­slae te raak het Maan­dag die pyl­vak be­reik toe die lig­gaam en die We­stern For­ce met ar­bi­tra­sie be­gin het.

Die ARU het in die mid­del van A­pril ge­sê die For­ce óf die Mel­bour­ne Re­bels sal uit Su­per­rug­by ge­snoei word. Die For­ce is in Perth ge­se­tel.

Twee Suid-A­fri­kaan­se span­ne, die C­hee­tahs en die Kings, het reeds nie die val­byl oor­leef nie.

Die ARU se aan­vank­li­ke hoop om “bin­ne 48 tot 72 uur” ’n aan­kon­di­ging te doen, is ’n nek­slag toe­ge­dien toe die For­ce regs­ak­sie aan­ge­kon­dig het om hul po­si­sie te ver­de­dig.

Dit was al­tyd on­waar­skyn­lik dat die Re­bels on­der die val­byl sou be­land. Dit sou die ARU R134 mil­joen kos om die span se pri­va­te ei­e­naar uit te koop en die Vic­to­ria-re­ge­ring vir hul be­leg­ging in die span te­rug te be­taal.

Die For­ce het hul Su­per rug­by sei­soen met’ n oor­win­ning van 40-11 oor die Wa­ra­tahs af­ge­sluit ná die wed­stryd het Andrew For­rest, een van Aus­tra­lië se ryk­ste men­se, sy on­der­steu­ning aan die Perth-fran­chi­se be­lo­we.

Die For­ce het Maan­dag aan­ge­kon­dig dat die on­der­steu­ning die vorm van ren­te­vrye le­nings aan For­ce-on­der­steu­ners wat aan­de­le in die span wil koop, sal aan­neem. Die geld sal aan die fran­chi­se eer­der as For­rest te­rug­be­taal word.

E­ni­ge on­der­steu­ning wat die For­ce ont­vang, is sleg­te nuus vir die stei­e­ren­de ARU, wat reeds ’n hoop re­ke­nin­ge van die pro­ku­reurs moet trot­seer.

In­dien die ARU nie ’n span kan snoei nie sal hul­le vir San­zaar, die be­heer­lig­gaam vir rug­by in die Sui­de­li­ke Half­rond, moet sê hul­le is nie in staat om van ’n span ont­slae te raak nie.

Ca­me­ron C­ly­ne, voor­sit­ter van die ARU, het die moont­lik­heid van so ’n sce­na­rio reeds be­ves­tig.

Die Aus­tra­lie­se Spe­lers ver­e­ni­ging het ook al’ n voor­stel vir’ n nu­we reeks, son­der Suid-A­fri­kaan­se span­ne, ge­maak.

– Reu­ters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.