Toets op 26 De­sem­ber dalk in die ge­drang

Beeld - - Sport -

Die Pro­te­as se tra­di­si­o­ne­le krie­ket­toets op 26 De­sem­ber, Wel­wil­lend­heids­dag, teen In­dië blyk in die ge­drang te wees.

Nóg die In­die­se K­rie­ket­raad (BCCI) nóg Krie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) wil in hier­die sta­di­um kom­men­taar oor die kwes­sie le­wer.

Lui­dens be­rig­te uit In­dië kan Sri Lan­ka se be­soek aan In­dië in No­vem­ber en De­sem­ber ’n in­vloed op In­dië se toer na Suid-A­fri­ka hê.

’n KSA-woord­voer­der sê dit word nog be­spreek. Hy kan nie kom­men­taar le­wer nie.

In­dië toer tans in Sri Lan­ka, wat op sy beurt aan die ein­de van die jaar na In­dië sal toer. Dié toer van Fe­bru­a­rie 2018 is ver­vroeg om­dat Sri Lan­ka dan gas­heer vir ’n drie­hoe­ki­ge reeks sal wees.

Die pro­gram vir Sri Lan­ka se be­soek aan In­dië is nog nie ge­fi­na­li­seer nie, maar lui­dens be­rig­te moet drie toet­se, vyf een­dag­wed­stry­de en ’n T20­wed­stryd in­ge­pas word voor­dat In­dië na Suid-A­fri­ka kan ver­trek.

’n Be­amp­te van die BCCI het die ver­wik­ke­lin­ge be­ves­tig, maar wou nie iets oor In­dië se toer­pro­gram na SuidA­fri­ka sê nie. Die BCCI blyk te­ë­sin­nig te wees om reeds op 26 De­sem­ber ’n toets te speel, soos die ge­bruik oor die ja­re in Suid-A­fri­ka is.

Die amp­te­li­ke toer­pro­gram na Suid-A­fri­ka sal lui­dens die be­rig­te dalk la­ter van­dees­week be­ves­tig word. Die toer be­hels vier toet­se, vyf kits­wed­stry­de en twee T20-wed­stry­de teen die Pro­te­as, waar­ná Aus­tra­lië ook in Suid-A­fri­ka kom toer. – Jo­hann de Ja­ger, es­p­n­cri­cin­fo.com

Fo­to: AP PHOTO

Die En­gel­se bou­ler Moeen Ali gooi gis­ter sy han­de in die lug ter­wyl sy span­maats hom om­sin­gel. Ali het die Pro­te­as se aan­slag in gis­ter se der­de toets be­ëin­dig deur ’n d­rie­kuns te be­haal. Hy het met ag­ter­een­vol­gen­de bal­le van De­an El­gar, Ka­gi­so Ra­ba­da en Mor­né Mor­kel ont­slae ge­raak en En­ge­land tot ’n se­ge met 239 lo­pies ge­help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.