‘Clap Clap Sound’ tot lyk­re­de?

Beeld - - Sport - Laag­vat S­te­phen Nell

Se­dert my ou­ers my de­ka­des ge­le­de ’n geld­jie in die hand ge­stop het om as sko­lier my eer­ste sei­soen­kaart­jie vir Nu­we­land te koop, het die Cur­rie­be­ker­reeks my aan die hart­sna­re beet.

As ek reg ont­hou, was die kos­te vir dié kaart­jie R7 – ’n rap­sie meer as my skool­fonds van R5 per kwar­taal.

Dit was die 1980’s – ’n de­ka­de van on­stui­mi­ge po­li­tiek maar ter­self­der­tyd on­ge­loof­li­ke pro­vin­si­a­le wed­y­we­ring op die rug­by­veld.

On­ge­ag die toe­stan­de was dit vei­lig ge­noeg vir my as seun­tjie om na die Retre­at-sta­sie toe te stap om ’n trein Nu­we­land toe te haal.

Wan­neer die eind­fluit­jie ge­blaas het, kon ons op die veld hard­loop om ons hel­de op die skou­er te klop. Ie­wers diep in my ge­heue is daar ’n her­in­ne­ring van die Klaxons se “The Clap Clap Sound” wat oor Nu­we­land se luid­spre­ker uit­ge­blêr het ná nóg ’n se­ge vir Da­wie Sny­man se span in die WP se Goue Ja­re.

Die CB-reeks was ’n e­mo­si­o­ne­le wip­wa­en­tjie­rit – eu­fo­rie vir die goue oom­blik­ke wat jou span op­ge­le­wer het en diep te­leur­stel­ling wan­neer hy aan die ont­vang­kant was.

As jy jou ge­skie­de­nis ken, sal wat in die mo­der­ne era van die CB-reeks ge­word het jou diep on­rus­tig maak.

Vir my is dié kwes­sie in per­spek­tief ge­stel toe ek Vry­dag die e­nig­ste joer­na­lis was wat op­ge­daag het vir die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie se span­aan­kon­di­ging vir hul eer­ste wed­stryd in van­jaar se reeks teen die Vry­staat-C­hee­tahs.

Daar was ’n ver­slag­ge­wer of twee wat by die WP se me­di­a­be­stuur­der ’n klank­greep van my werk ver­soek het, maar nie­mand an­ders het S­tel­len­bosch toe ge­ry nie.

Toe ek deel van die pan­de­mo­ni­um was met Gog­gie van Heerden se hel­de­da­de in 1986 se eind­stryd, sou ek my nooit kon in­dink dat dit op só iets sou neer­kom nie.

Ek glo wel die CB-reeks sal in sy pyl­vak ’n bie­tjie stoom op­tel, maar dit word slegs deur die­ge­ne wat dit oor de­ka­des be­leef het nog as ’n kroon­ju­weel van Suid-A­fri­kaan­se rug­by be­skou.

Dié reeks is on­ge­twy­feld ’n slag­of­fer van die be­roep­se­ra, want dit be­paal nie die e­ko­no­mie­se le­wens­vat­baar­heid van Suid-A­fri­kaan­se rug­by nie.

Uit­saai­reg­te, nie hek­gel­de nie, be­paal nou u­nies se wel­stand. Hoe e­mo­si­o­neel ons ook al oor die saak voel, soek Newscorp ’n in­ter­na­si­o­na­le reeks, nie een waar­in slegs Suid-A­fri­ka­ners teen me­kaar speel nie.

Moet ook nie ver­wag dat die be­snoei­ing van drie Su­per­rug­by-span­ne meer pro­mi­nen­sie vir die CB-reeks in die sei­soen sal be­te­ken nie.

Dis nog nie amp­te­lik be­kend nie, maar ek ver­neem dat die Su­per­reeks aan­staan­de jaar weer in ’n groep­stel­sel ge­speel gaan word soos voor sy uit­brei­ding na 18 span­ne.

Vir die CB-reeks lyk die toe­koms in­der­daad meer on­se­ker as ooit na­dat daar glo oor­een­ge­kom is dat die Noor­de­li­ke Half­rond se Pro12-reeks na 14 span­ne uit­ge­brei gaan word om vir die C­hee­tahs en Sout­hern Kings plek te maak.

Moont­lik lê daar op­win­den­de tye voor, maar in Sep­tem­ber en Ok­to­ber bots die Proen CB-reek­se met me­kaar.

Waar, by­voor­beeld, gaan die Vry­staat-C­hee­tahs se pri­o­ri­tei­te wees? In die mo­der­ne era is die Vry­staat die hart­klop van die CB-reeks.

Die e­ko­no­mie van Suid-A­fri­kaan­se rug­by be­paal dat die C­hee­tahs nie ’n fak­tor in die Su­per­reeks sal wees nie en ge­volg­lik kan be­plan om die CB­reeks te wen. ’n Eind­stryd in die Ro­se­stad gryp die ver­beel­ding aan.

Hoe nou ge­maak? Moet ons goeds­moeds aan­vaar dat die skrif nou vir e­wig aan die muur is vir die CB-reeks? Of is daar ’n lig aan die ein­de van ’n baie diep ton­nel?

No­ta aan Ro­bert du P­reez: Ek’s nou nog suur oor jou sty­we elm­boog op Ko­bus Bur­ger in 1988 se eind­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.