Ren­ske mág skuif – NSA

HULPDOEL VER­LAAT NOORD­WES

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Noord­wes brom, maar Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA) sê al­les is in die haak.

Die Noord­wes-net­bal­u­nie is on­te­vre­de om­dat Ren­ske S­toltz dié u­nie ver­laat het en haar net­bal voort­aan in Gau­teng sal speel.

Dié 23-ja­ri­ge hulpdoel het in Ju­nie nog vir Noord­wes se Fla­mes in die eind­stryd van die P­re­mier­liga teen die Noor­dGau­teng­se Ja­guars ge­speel.

Sy is kort daar­na saam met die Noord-Gau­ten­gers Ni­euSee­land toe waar hul­le aan ’n in­ter­na­si­o­na­le klub­toer­nooi deel­ge­neem het.

Wan­neer die na­si­o­na­le kam­pi­oen­skaps­toer­nooi Maan­dag in Dur­ban be­gin, sal S­toltz vir Gau­teng A1 op­draf.

Ter­wyl die Noord­wes­ters haar lo­ja­li­teit be­vraag­te­ken, lui NSA se re­ëls ’n spe­ler moet speel waar sy woon, werk of stu­deer.

Angy K­go­mo-Ke­ka­na, pre­si­dent van die Noord­wes-net­bal­u­nie, het Vry­dag na­vrae na NSA ver­wys.

Blan­ché de la Gu­er­re, uit­voe­ren­de hoof van NSA, het gis­ter ge­sê pro­vin­sies moet hul eie pro­ble­me uit­stryk en “spe­lers se be­lan­ge op die hart dra, maar ’n spe­ler moet die or­dent­lik­heid hê om toe­stem­ming te vra”.

“Die be­lang­rik­ste vir ons is dat spe­lers op die baan is,” sê De la Gu­er­re.

S­toltz sê sy sou van­jaar ver­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit ge­stu­deer het, maar het daar­teen be­sluit. Sy het ver­le­de jaar haar graad in B.Com Men­se­hulp­bron­be­stuur be­haal.

Sy woon in P­re­to­ria en is ’n af­rig­ter by die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord en die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp.

S­toltz se skuif be­te­ken sy is ook vir die Puk­ke ver­lo­re.

Dié puik hulpdoel het be­gin van­jaar nog vir die Pro­te­as ge­speel, maar is weg­ge­laat toe ’n nu­we SA groep ver­le­de maand ge­kies is.

S­toltz meen haar spel het ag­ter­uit­ge­gaan om­dat sy net een keer per week in span­ver­band (in Pot­chef­stroom by die Fla­mes) kon oe­fen.

“Ek kon nie meer 400 km heen en weer ry vir ’n oe­fe­ning nie – ver­al nie met die te­rug­ry laat saans nie,” sê S­toltz.

In­tus­sen sê NSA ’n aan­kon­di­ging oor die SA af­rig­ter wat sy aan sy met Nor­ma Plum­mer sal werk, sal “bin­ne dae” ge­maak word.

Do­ret­te Ba­den­horst, An­ne­lie Lu­cas, Du­mi­sa­ni C­hau­ke en El­sjé Jor­daan het al­mal “puik voor­leg­gings” ge­doen, sê De la Gu­er­re.

Jen­ny van Dyk het haar weens per­soon­li­ke re­des ont­trek.

Ren­ske S­toltz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.