M­cIl­roy gee sy jog­gie glo die trek­pas

Beeld - - Sport - Reu­ters

Die Noord­Ier­se gholf­ster Ro­ry M­cIl­roy het sy ja­re­lan­ge jog­gie, JP Fit­z­ge­rald, glo die trek­pas ge­gee.

het ver­neem dat hy ’n nu­we jog­gie aan sy sy sal hê wan­neer hy Don­der­dag in die B­rid­ges­to­ne­uit­no­di­gings­toer­nooi in Akron, O­hio af­slaan.

Fit­z­ge­rald het ne­ge jaar lank sy sak ge­dra en hom ge­help om vier Grand Slam­ti­tels te wen.

Dit kom slegs ’n week na­dat M­cIl­roy er­ken het dat Fit­z­ge­rald hom in die B­rit­se Ope op Roy­al Birk­da­le met ’n paar kras woor­de weer op dreef help kry het.

M­cIl­roy, wat sy laas­te Grand Slam­ti­tel in 2014 in die A­me­ri­kaan­se PGA­kam­pi­oen­skap ge­wen het, het Fit­z­ge­rald in 2008 by Er­nie Els ‘ge­steel’. Hul­le het saam baie suk­ses ge­niet, met M­cIl­roy wat in 2012 die man­tel by Ti­ger Woods as die wê­reld se bes­te spe­ler oor­ge­neem het en met Fit­z­ge­rald se hulp vier ma­jor­ti­tels ge­wen het.

“Hy het my van nr. 200 op die wê­reld­rang­lys na ’n Grand Slam­kam­pi­oen ge­neem,” het hy in 2011 in ’n on­der­houd van Fit­z­ge­rald ge­sê.

Hoe­wel M­cIl­roy ge­sa­ment­lik vier­de in die B­rit­se Ope ge­ëin­dig het, lyk dit nou of dié toer­nooi Fit­z­ge­rald se swa­ne­sang was.

For­bes be­raam Fit­z­ge­rald het die laas­te jaar so­wat R13 mil­joen ver­dien.

As hul paaie wel skei, sal dit gholf se twee­de ho­ë­pro­fiel­“eg­skei­ding” die laas­te paar maan­de wees.

P­hil Mic­kel­son en Jim “Bo­nes” Mackay het on­langs ná 25 jaar be­sluit om hul ven­noot­skap, wat vyf Grand Slam­ti­tels op­ge­le­wer het, te be­ëin­dig. – Reu­ters

Ro­ry M­cIl­roy en JP Fit­z­ge­rald.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.